Herdenking van Sam !Khubis-gelofte
Augetto Graig - Rehoboth se Baster-gemeenskap herdenk môre die Slag van Sam !Khubis.
Die geskiedkundige Slag van Sam !Khubis het op 8 Mei 1915 plaasgevind toe die Duitse koloniale magte die Basters aangeval en die Basters na hul laaste vesting, Sam !Khubis, gevlug het.
Tydens die jaarlikse Sam !Khubis-feesvieringe op Rehoboth herdenk die Baster-volk hul lewensreddende gelofte aan die Here.
Volgens mnr. Jacky Britz sou ’n kerkdiens môreoggend plaasgevind het en die jaarlikse byeenkoms môreaand op ’n plaas 80 km oos van die dorp. Die volgende oggend sou die historiese grafte waar die gelofte op ’n klip uitgekerf is, besoek word.
Met die uitbreking van Covid-19 in Namibië en die gevolglike inperkingsmaatreëls gaan vanjaar se byeenkoms nie plaasvind nie.
Britz sê sosiale media word ingespan om die boodskap te versprei.
Op die Facebook-blad Sam Khubis (https://www.facebook.com/Samkhubis-Sam-Khubis--206437796044347) is daar vanoggend ’n regstreekse kerkdienste uitgesaai, en weer om 18:30 vanaand.
Britz moedig huisgesinne aan om vanaand om 19:00 by hul huise byeen te kom, ’n kers aan te steek en saam te bid.
“Lê die gelofte neer en herhaal ons gebed,” raai hy gemeenskaplede aan.
Om die verhaal van Sam !Khubis oor te vertel, is baie belangrik. Britz moedig ouers aan om hul kinders die verhaal te vertel. Daar is ook ’n opname getiteld ‘Sam Khubis Verhaal’ wat op Youtube vir dié doeleindes beskikbaar is.
Foto verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie