Herdoop Hosea Kutako na Tony Rust
Herdoop Hosea Kutako na Tony Rust

Herdoop Hosea Kutako na Tony Rust

Dani Booysen
WILLEM DE WET SKRYF:

Ek werk en woon op 'n perseel wat uitkyk op Hosea Kutako-resiesbaan.

Drie maande gelede om 03:00 in die oggend val ek amper uit my bed van 'n helse slag en die geluid van 'n ramp in wording. 'n Kar frommel my buurvrou se heining, hek en alles wat daarmee saamgaan op en bondel alles saam in die noordelike hoek van haar erf.

Daar daag geen polisie of verkeersbeampte op nie en ongemerkte voertuie is blitsvinnig op die toneel en sleep alles weg wat dalk uitkenbaar kan wees en die drywer in die moeilikheid kan bring. Dit was die vinnigste opruim van 'n ongeluks toneel met alle bewyse, behalwe die flenter heining, wat ek nog gesien het.

En die wedrenne snags gaan ongestoord voort.

Ek lek enigiemand se dinges om snags langs die roete te probeer slaap. Die groot 8-propkarre met die 3-puntsterre, donker vensters en raserige uitlaatstelsels lyn lyk my op daar naby Wernhil en dan begin die speed trials so van 01:00 in die nag en dit duur enigiets tot so 04:00 soggens. Geen ontsag vir 'n verkeerslig of spoedgrens of menselewe of niks.

Maniakke wat nie genoeg ghoens het om hul staal op Tony Rust te gaan wys nie, jaag saans teen die spoke en teen mekaar resies in Hosea Kutako en hou almal uit die slaap en stel menselewens in gevaar.

So het daar nou die afgelope Saterdag weer helder oor dag so 'n insident plaasgevind waar 'n perd so dronk was dat hy uit sy wrak tot in die polisiekar gehelp moes word om te keer dat hy homself te pletter val tussen my stukkende mure en heinings. Hy was in 'n resies met ander betrokke en het eers die ander twee karre gestamp het en toe beheer verloor en deur my heining gebars het. Sit in die poelieskar en smile baie selfvoldaan vir almal, want hy sal seker net in die selle vertoef tot hy nugter is en dan gaan hy weer vort om ander se lewens en besittings te loop vernietig.

Kan die stadsvaders nie asseblief spoedbulte in Hosea Kutako aanbring voor daar 'n ramp met lewensverlies plaasvind, of alternatief elke aand spoedlokvalle in die pad opstel om die mallighied te keer nie?

Ek nooi enigeen van die wat twyfel in my storie om 'n aandjie in my kamer te kom sit en self te sien hoe dit snags in die geweste gaan. Die tempo en die spoed neem by die naweek toe en daar gaan nog lang trane gehuil word as hier nie iets gedoen word om die nagtelike gejaag in Hosea Kutako onder beheer te bring nie.

En kan ek die voornemende Schumachers met meer geld en verwronge ego as breins versoek om asseblief hulle staal te gaan wys op Tony Rust, waar daar toeskouers is wat vir hulle kan hande klap en hul ego's kan streel, eerder as om lyke en beskadigde eiendom in die nag in jul spoor te los en druipstert met 'n flenter kar daar weg te sluip.

Spoed en min breins meng nie goed nie, en sit dan nog 'n bietjie alkohol by en jy het 'n tragedie wat 'n plek soek om te gebeur.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!