Herero's in geveg oor kulturele heiligdom
Catherine Sasman - Die Ovaherero Tradisionele Owerheid (OTA) onder opperhoofman Vekuii Rukoro ontken dat dit kwaadwillig en sonder toestemming van die Maharero Tradisionele Owerheid ‘n struktuur by Kommando No. 1 op Okahandja oor die naweek gesloop het.
Mnr. Bob Kandetu, die woordvoerder van die OTA, het Woensdag gesê Rukoro en die Rooi Vlag Regiment se veldmaarskalk, mnr. Ismael Kamuhapita, het verlede Donderdag ooreengekom dat die gebou op Erf 1755, wat die OTA van die munisipaliteit gekoop het, verwyder moet word.
Hy het gesê dit was nie OTA-lede wat die gebou gesloop het nie, maar lede van die Rooi Vlag Regiment van die Maharero-groep wat dit gedoen het ná die ooreenkoms met Kamuhapita.
Inspekteur-generaal Sebastian Ndeitunga van die Namibiese polisie was oor die naweek in kennis gestel oor die planne om die gebou af te breek en het toe polisiebeamptes ontplooi om die gebou te beskerm.
Die sloping het egter die Saterdagnamiddag begin en is tydens die aand tot die volgende oggend gedoen.
GESKIL OOR EIENAARSKAP
Die twee tradisionele groepe verskil oor die eienaarskap van die erf waarop die gebou geleë was.
‘n Koopkontrak vir Erf 1755 is in Desember 2014 tussen die munisipaliteit en die OTA onderteken ná uitgerekte onderhandelinge tussen die twee partye sedert 2010.
Kandetu sê nadat die erf betaal was, het die OTA vir die oordrag daarvan gevra om met ontwikkeling op die 1,3 hektaar stuk grond te begin.
Amptenare van die munisipaliteit het egter aangedui dat die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling grondverkope op die dorp begin ondersoek het en lêers van die munisipaliteit verwyder het.
In Junie het dit aan die lig gekom dat die ministeriële ondersoekspan aan minister Sophia Shaningwa voorgestel het dat sy nie die transaksie tussen die OTA en die munisipaliteit moet goedkeur nie.
Die OTA vermoed vuilspel aan die kant van Shaningwa wat blykbaar vasbeslote is om die transaksie af te keur.
Kandetu sê hierdie vermoede is bevestig omdat Shaningwa die Erfenisraad uitgetrap het omdat dit nie Erf 1755 onder dit geregistreer het nie.
Kandetu sê egter die OTA is nie van voorneme om die erf as tradisionele grond op te eis nie.
Shaningwa het ook by die vergadering met Rukoro verlede week benadruk dat sy die reg behou om die transaksie tussen die OTA en munisipaliteit goed te keur al dan nie.
Kandetu sê die gebou was op Erf 1755 geleë en nie op Erf 1756 waarvoor die Maharero ‘n 20 jaar-huurkontrak met die munisipaliteit het nie.
“Die sloping van die gebou was nie onwettige vandalisme nie. Die huis behoort aan die Rooi Vlag en dit was deur die Rooi Vlag verwyder,” het Kandetu gesê.
Hy het bygevoeg dat die huis uitsluitlik onder die gesag van die Kommando No. 1 onder die leierskap van Kamuhapita val.
VERKOOP 'WAS ONWETTIG'
Die Maharero-groep het Woensdag gesê dit het reeds in 2010 die munisipaliteit gewaarsku om nie die erf aan die OTA te verkoop nie omdat dit die tradisionele pelgrimstog na die erf wat oor die afgelope 93 jaar plaasvind sou “ontspoor”.
Dit sê die erf was op ‘n bedrieglike manier verkoop en sê Kamuhapita is ‘n “afvallige generaal” wat met die OTA saamsweer.
Dit sê voorts die Maharero-groep en die Rooi Vlag Regiment, wat die bewaarder van die heilige vuur is, was nie oor die verkoop van die erf ingelig nie.
Die groep beweer ook dat ‘n kadastrale landmeter in die geheim gekontrakteer was om die grense van die erf te verskuif om die huis en die heilige vuur op Erf 1755 te inkorporeer.
Die Maharero-groep stel voor dat drie erwe – 1754, 1755 en 1756 – as een entiteit gekonsolideer moet word en toepaslike erkenning van die Erfenisraad kry.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie