• Tuisblad
  • Sake
  • Herrie oor Mberirua se N$650 000-uitbetaling
Herrie oor Mberirua se N$650 000-uitbetaling
Herrie oor Mberirua se N$650 000-uitbetaling

Herrie oor Mberirua se N$650 000-uitbetaling

Werknemers van Air Namibia is ontsteld oor die uitbetaling en bevraagteken hoe op dié bedrag besluit is.
Yandi Du Plessis
Ogone Tlhage – Die tussentydse uitvoerende hoof van Air Namibia, mnr. Theo Mberirua – wat net meer as agt maande by die lugredery gewerk het – sal met ’n skeidingsloon van N$651 879,50 wegstap sodra die likwidasie van die maatskappy afgehandel is.

Dit sal hom onder die 20 individue plaas wat die hoogste skeidingsvergoeding ontvang.

Mberirua se uitbetaling is vervat in dokumente wat verlede week by die owerheid vir sake en intellektuele eiendom (Bipa) van Namibië ingedien is.

Mberirua se aanstelling het op 13 Julie 2020 in werking getree, toe hy die waarnemende uitvoerende hoof, mnr. Elia Erastus, vervang het.

’n Totale bedrag van N$105 miljoen sal aan die redery se 629 werknemers uitbetaal word – ’n syfer wat kajuitbemanningslede woedend maak.

‘WAT HET HY GEDOEN?’

Die president van die Unie vir Kajuitbemanning, mnr. Reginald Kock, het Maandag gesê: “Die bedrag (aan Mberirua) kan nie geregverdig word nie”.

“Hy kon nie eens normale dienste op ’n minimale vlak hervat nie. Hy kon nie die sakeplan laat goedkeur nie. Wat het hy gedoen? Dit is skokkend. Ek is geskok,” het Kock gesê.

Mnr. Heino Jakob, president van die Namibië Vlieëniersvereniging (Napa), het ook die bedrag bevraagteken.

"Dit lyk na ’n hoë bedrag. Is dit net nog ’n goue handdruk? Dit sal die moeite werd wees om te sien hoe hulle by die bedrag uitgekom het."

Air Namibia se voormalige raadsvoorsitter, mnr. Escher Luanda, het in ’n stadium die aanstelling van Mberirua verdedig en gesê die lugdiens het ’n uitvoerende hoof nodig, ondanks sy karige hulpbronne.

“Hoewel ons in dié moeilike tye deur finansiële uitdagings in die gesig gestaar word, heg ons waarde aan die behoefte om ’n bekwame uitvoerende hoof soos mnr. Mberirua te hê. Ons het die finansiële hulpbronne om die tussentydse uitvoerende hoof te betaal, en ons is gelukkig dat die ooreengekome vergoeding met die posbekleër binne die perke van die wetgewing vir openbare ondernemings is,” het Luanda destyds aan The Namibian gesê.

Die raad se aanstelling van Mberirua was glo teen die advies van die minister van openbare ondernemings, mnr. Leon Jooste, wat gesê het geen uitvoerende hoof moet aangestel word terwyl die regering die herrangskikkingsopsies vir die lugredery ondersoek nie.

Voor sy aanstelling by Air Namibia was Mberirua ’n uitvoerende beampte by Bidvest Namibia. Hy het ook as die besturende direkteur van Standard Bank en Telecom gedien.

Pogings om van Jooste kommentaar te kry, was onsuksesvol.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!