Hier is al die Oscar-wenners!
Hier is al die Oscar-wenners!

Hier is al die Oscar-wenners!

Yandi Du Plessis
Hollywood se spoggerigste glansaand het uiteindelik aangebreek.

Die 93ste Oscar-toekenningsplegtigheid is Maandagoggend vanuit Union Station in Los Angeles uitgedeel.

Die rolprent Nomadland het met drie Oscars, twee daarvan aan die vervaardiger en aktrise Frances McDormand, die meeste pryse gewen.

Ses ander rolprente – The Father, Judas and the Black Messiah, Ma Rainey’s Black Bottom, Sound of Metal, Soul en Mank – het elk twee Oscars gewen. Suid-Afrika se My Octopus Teacher het vermoedelik die eerste dokumentêr vanuit Afrika geword om die Oscar vir beste dokumentêr (vollengte) te wen.

Hier is die volledige lys van wenners in die volgorde wat dit op die aand aangekondig is:

Beste oorspronklike draaiboek: Emerald Fennell (Promising Young Woman)

Beste verwerkte draaiboek: Christopher Hampton en Florian Zeller (The Father)

Beste internasionale rolprent: Another Round (Denemarke)

Beste byspeler: Daniel Kaluuya (Judas and the Black Messiah)

Beste grimering en haarstilering: Sergio Lopez-Rivera, Mia Neal en Jamika Wilson (Ma Rainey's Black Bottom)

Beste kostuumontwerp: Ann Roth (Ma Rainey's Black Bottom)

Beste regisseur: Chloé Zhao (Nomadland)

Beste klank: Jaime Baksht, Nicolas Becker, Philip Bladh, Carlos Cortés en Michelle Couttolenc (Sound of Metal)

Beste kortprent: Two Distant Strangers

Beste kortprent (animasie): If Anything Happens I Love You

Beste animasierolprent: Soul

Beste dokumentêr (kortprent): Colette

Beste dokumentêr (vollengte): My Octopus Teacher

Beste visuele effekte: Scott R. Fisher, Andrew Jackson, David Lee en Andrew Lockley (Tenet)

Beste byspeelster: Youn Yuh-jung (Minari)

Beste produksie-ontwerp: Donald Graham Burt en Jan Pascale (Mank)

Beste kinematografie: Erik Messerschmidt (Mank)

Beste redigering: Mikkel E.G. Nielsen (Sound of Metal)

Beste oorspronklike klankbaan: Trent Reznor, Atticus Ross en Jon Batiste (Soul)

Beste oorspronklike liedjie: D'Mile, H.E.R. en Tiara Thomas vir die liedjie "Fight for You" (Judas and the Black Messiah)

Beste rolprent: Nomadland

Beste aktrise: Frances McDormand (Nomadland)

Beste akteur: Anthony Hopkins (The Father) - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!