Hier kom 'n groot stryd
Hier kom 'n groot stryd

Hier kom 'n groot stryd

Dani Booysen
Inwoners moet nie verras wees as die regering se planne oor hoe om die koste van die staatsdiens te verminder, gróót polemiek en verset onder die amptenary uitlok nie.

Vervroegde aftrede is volgens beriggewing elders steeds een van die konsepte in 'n nuwe vyfpuntplan.

Sonder werklike voordele, sal min amptenare waarskynlik uit hul eie – veral in vandag se moeilike tye – die tuig neerlê. Uittreemotivering kan die belastingbetaler geld kos, hoewel dit eenmalig is, maar is nie volhoubaar as daar nie goeie plaasvervangers is nie.

Volgens die plan moet ver­hogings glo op meriete berus, eerder as jarelange, gelykmatige salarisaanpassings. So 'n bestel moet met vakbonde beding word.

Die betaling van bonusse en salarisaanpassings gebaseer op inflasie, word tradisioneel weens goeie rede van mekaar geskei. Dit gaan uiters interessant wees met watter model die regering vorendag kom.

Streng, regverdige en doeltreffende prestasiebeoordeling is 'n vereiste. Ongelukkig is die publiek onseker of die toepassing aan hierdie maatstawwe sal voldoen.

Om die dodelike siek mediese fonds, Psemas, uit die hoësorg­eenheid te red, is met reg deel van die oplossing.

Die vermindering van onnodige betalings aan konsultante is 'n eerste, maklike stap. Vir die res broei daar 'n groot stryd. Een wat in arbeidsonrus kan eindig as partye nie konsensus bereik nie.

'n Tekort aan vaardighede waar dit saak maak, is nie iets wat oornag met kitsplanne opgelos word nie. Herstrukturering en herontplooiing waar dit verskille kan maak, moet nie geïgnoreer word weens politieke vrese nie.



So sê ander

24 April 2017



HuffPost wys dat selfregulering vir media goed werk



Die ANC-regering se pogings om mediavryheid in te perk deur staatsregulering word gemotiveer deur daarop te wys dat die huidige stelsel van selfregulering deur die media onvoldoende is.

Die twee prominentste gevalle van selfregulering die laaste maande wys egter dat die stelsel wel doeltreffend werk.

In die een saak het Brian Molefe, voormalige Eskom-baas en nou ANC-LP, 'n beslissing teen die Sunday Times gewen. Hulle moes die feite op die voorblad regstel en om verskoning vra.

Nou moes Huffington Post in Suid-­Afrika onvoorwaardelik om verskoning vra vir die plasing van 'n blog wat voorstel dat wit mans hul stemreg verloor. Die bedanking van Verashni Pillay as hoofredakteur is ook gepas, aangesien Johan Retief, persombudsman, bevind het die Perskode is op die hoogste vlak oortree.

Met al sy foute bly 'n onafhanklike en gesonde media 'n kritieke waghond in enige demokrasie wat volledig is.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!