Hingste en Unam seëvier by Gemsbokpark

Unam I se glips teen Rehoboth I in sy laaste groepwedstryd het die deur vir Rehoboth oopgemaak om in die eindstryd teen Wanderers I te speel.
Tielman van Lill
Tielman van Lill

Trustco United-rugbyklub het die afgelope naweek sy gebruiklike tienmanrugbytoernooi by Gemsbokpark in Olympia aangebied, waar FNB Wanderers 1 en FNB Unam 2 hul onderskeie eindstryde gewen het.

Wanderers 1 het teen rustyd met 12-5 teen Rehoboth 1 in die eindstryd vir premierligaklubs voorgeloop. Die Wit Hingste het egter in die tweede helfte 19 punte opgestapel om die botsing met 31-5 in te palm.

Vir Wanderers teken Léan Stoop, Jamie Joseph, Jacques Theron en Riaan van Zyl drieë aan, terwyl Jeandré Cloete vir Rehoboth oorgaan.

Unam I se glips van 5-7 teen Rehoboth I in sy laaste groepwedstryd Saterdag het die deur vir Rehoboth oopgemaak om in die eindstryd teen Wanderers I te speel.

Die Hingste se tweede span was in sy reserweligafinaal teen Unam II met rustyd (5-7) nog in die wedloop, maar Unam se tweede vyfpunter pootjie die Hingste om die uitslag met 12-10 te beklink. Vir Unam II het Martinus Nekundi en Keenan van Wyk gaan druk, terwyl Rodney Coetzee met een doelskop geslaag het. Vir Wanderers II behaal Zander de Klerk en Donaville Lebereki hul drieë.

Klubs wat deelgeneem het aan die kompetisie vir premierligaspanne wat Vrydagnamiddag afgeskop het, was (groep A) Rehoboth 1, Reho Falcon 1, United 1, asook (groep B) FNB Unam 1, FNB Wanderers 1 en FNB Western Suburbs 1.

In die reserweliga was die inskrywings (groep A) Rehoboth II, Unam III, Wanderers II, Western Suburbs II en United II, asook (groep B) NUST I, Unam II, United III, Wanderers III en die nuwe klub van Rehoboth, St. Lou.

In die blitstoernooi het elke helfte net tien minute geduur, met vyf minute rustyd.

Die uitslae:

Vrydag: Wanderers I wen 45-7 teen Reho Falcon I. Wanderers II wen 33-0 teen Unam III. Wanderers II wen 35-7 teen Suburbs II. Wanderers III verloor 5-36 teen Unam II.

Saterdag: Wanderers I wen 33-14 t Rehoboth I. Wanderers I wen 38-17 teen United I. Finaal: Wanderers I wen 31-5 teen Rehoboth I.

Wanderers II wen 31-0 teen Rehoboth II. Wanderers II wen 47-0 teen United II. Finaal: Wanderers II verloor 10-12 teen Unam II.

Wanderers III wen 36-5 teen NUST I. Wanderers III verloor 19-21 teen St. Lou I. Wanderers III wen 14-7 teen United III.

Vir Wanderers I het Stef Botha, Jacques Theron, Nandivatu Karuuombe (2), Jamie Joseph, Brandon Groenewald, Elmarco Beukes, Riaan van Zyl (2), Driaan Vorster en Stefan Hattingh (2) gedurende die toernooi drieë gaan druk vir ’n totaal van 60 punte.

Wanderers II se drieë in die toernooi het van Zander de Klerk, Ryan Coetzee (3), Donaville Lebereki (2), Gurtley Beukes (2), Dian von Solms (2) en Francois Wiese (2) vir 60 punte gekom.

Wanderers III sluit met 55 punte van elf drieë af wat deur Ignus Tripodi, Elgeno Gamatham (4), Warren Ludwig (2), Jurie Lootz (2), Francois Coetzee en NG Swart behaal is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!