Hou00eb katoliek vervolg oor 'seksuele oortredings'
Hou00eb katoliek vervolg oor 'seksuele oortredings'

Hoë katoliek vervolg oor 'seksuele oortredings'

'n Australiese hof het beslis dat kardinaal George Pell, 'n voormalige topadviseur van pous Francis, verhoor moet word weens verskeie aanklagte van historiese seksuele oortredings.

Die 76-jarige kardinaal en die Vatikaan se voormalige hoof van finansies, is die mees senior amptenaar van die Rooms-Katolieke Kerk nog wat in die hof sal verskyn oor ­seksuele oortredings.

Landdros Belinda Wallington het Maandag ná 'n maand van voorlopige verhoor in Melbourne gesê sy is “tevrede” dat daar genoeg getuienis was in “verskeie” aanklagte teen Pell om deur die jurie verhoor te word. Pell het skuld ontken.

Hy hou sedert die aanklagte teen hom in Junie verlede jaar ingedien is, vol dat hy onskuldig is.

Die kardinaal is op verlof by die ­Vatikaan, maar is terug in Australië om die bewerings te beveg.

Die polisie in Victoria het hom verlede jaar aangekla nadat verskeie mense hom van seksuele oortredings in Australië, sy geboorteland, aangekla het.

Die polisie het die aanklagte beskryf as oortredings van “historiese” seksuele aanranding, want die misdrywe het na bewering dekades gelede plaasgevind.

Besonderhede oor die klagte of die misdrywe is nie bekend gemaak nie.

Getuienisse tydens die verhoor bly vertroulik. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!