Hoeveel son, hoeveel vuur om die sneeu te smelt?
Julie 2015, Seisoenhoofkwartiere
Dis grys, dis ysig, dis alle skakerings van grys . . . triestig, bot.
Die Winterkantore bibber, ys-stalaktiete hang aan die Hoof Winter-engel se baard, blougrys.
Winter-engeltjies se brose vlerkies pynlik gevries, vingers verstok. ’n Ysige wind sing morbiede gesange deur die lang gange van die winter kantoor - almal lyk magteloos gevries in stom stilte.
Hulle het so hard gewerk om die balans te handhaaf vir die normale gemiddelde koue in Afrika.
Die winterseisoen met sy eie kontrastrerende mooi met lyding om Lente haar voorbereidingstyd te gun.
Die rustyd vir reptiele, die trek van voëls, die knus kuier om ’n knetterende kampvuur.
Maar dit is abnormaal . . . dit sneeu waar dit nie moet nie, dit reën skielik.
Wie het so gepeuter aan die perfekte Seisoenplan? Is dit altemit Seisoen Terrorisme ?
Middelbestuur het seker gemaak dat die temperatuur om die uur gekontroleer word, die windkantore is selfs beveel om laag te lê, want wind met koue is moordend op die Afrika-vlaktes.
En nou weet hulle Moeder Natuur se tempature en tyd-belt is heeltemal uit balans – duisend keer erger as wat enige Hoof Engel in sy grote wysheid kan besef.
Dan is dit ’n knellende feit dat globale verwarming alles in warboel het. Moeder Winter-engel se hart is in ysskerwe, haar mond ’n permanente dun, koue lyn van harteer, haar oë bloedbelope van geen slaap en kommer.
Sy beveel net saggies dog dringend dat almal op hul knieë moet gaan in kettinggebed, pynlike gebed op ’n ysige hemelvloer.
Gebed is nodig vir die dakloses, die verswakte siekes in ’n sinkhuis, die lammertjies verdwaald in die kapok, naakte kuikens onder een bibberende maer moederhen.
Die dodetal kom deur, nóg straatkinders verkluim gevind onder kartondose iewers in Suider-Afrika. Die sneeu ’n genadelose kombers oor weerlose plant en dier.
Warm trane vloei oor haar ysige wange. Sy beveel net voordurende gebed. Gebed om die harte van die bevoorregtes oop te maak en nie die pyn en lyding ongesiens te laat, om ’n hand uit te reik vir kos, kleding, skuiling. Om almal weer terug te forseer na God se goue gebod:“Wees lief vir jou naaste.”
Moeder Winter-engel slaap nie; sy bid en gee bevele, sy smeek:“Kom ons maak hulle wakker in die noodtyd, laat ons nie sluimer of verswak in die koue. Ons moet die mens se koue hart laat smelt in die ysige tyd. Dis ons Maker se stem wat deur die snerpende koue skeur – dis Sy pleidooi dat die mens uit sy dwase selfsug moet wakker word, die tyd raak min . . .”
Terug na planeet aarde: God se son sal more weer skyn . . . vir almal.
Seisoene kom, seisoene gaan, maar hoe dik lê die sneeu in jou hart, stomme mensekind?
Hoe lank wil jy skuil in jou igloe van eiewaan?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie