Hof skrap aansoek teen huis se bouplan
Die bure van 'n woning in Xenastraat in die hoofstad het beswaar gemaak teen die verslapping van bouregulasies vir die oprigting van 'n drieverdiepinghuis.
Yolanda Nel – 'n Dringende aansoek is vroeër vanjaar by die hoërhof in Windhoek ingedien nadat die Windhoekse munisipaliteit op 30 Januarie verlede jaar en die minister van stedelike en landelike ontwikkeling op 16 Junie 2020, toestemming aan 'n inwoner gegee het om die grenslyne van 5 en 7 meter aan beide kante van die laterale grens te oorskry en 'n drieverdiepinghuis op te rig.
Volgens die aansoeker, mnr. Horst Baumann, is daar verskeie onreëlmatighede rakende die konstruksie van sy buurman se beplande huis waarteen hy beswaar maak.
Volgens hofdokumente bestaan daar onbetwiste bewyse dat die argitek wat die bouplanne opgetrek en daarna hersien het, nie in Namibië geregistreer is nie.
“Dis 'n oortreding van die wet op argitekte en enige toestemming wat aan Okerfontein Properties (Adrianus en Beverley Vugs) uitgereik is, is strydig met die bepalings,” lui die dokument.
Volgens 'n brief van die Namibiese instituut van argitekte (NIA) op 30 Junie vanjaar dui dit aan die betrokke argitek is nie in Namibië geregistreer nie.
“Dit beteken hy mag nie werk doen wat vir argitekte voorbehou is nie,” luidens die brief.
Volgens die Windhoekse stadsbeplanningskema kan geen gebou of struktuur of enige gedeelte daarvan nader as drie meter aan enige sy- of grensmuur opgerig word sonder die toestemming van die munisipaliteit nie.
Die munisipale woordvoerder, me. Lydia Amutenya, het by navraag gesê daar is verskeie faktore wat in ag geneem word wanneer 'n buurman beswaar teen 'n drieverdiepinghuis maak.
“Die privaatheid van bure word beskerm deur die nakoming van die sogenaamde boulyne, wat 'n vasgestelde afstand van die grens moet wees.”
Amutenya het bygevoeg die plaaslike owerheid het die keuse om die boulyne te verslap, op voorwaarde die besware van bure word oorweeg in terme van die impak wat dit op die privaatheid van die aangrensende eiendomme sal hê.
Sy het wel gesê boulyne alleenlik waarborg nie meer privaatheid nie en bykomende konsultasie en oorweging word geregverdig. Daar is ook toenemende druk op digter bevolkte stedelike gebiede wat in die algemeen tot minder privaatheid lei.
Hoewel die raad die planne vir die Vugse se drieverdiepinghuis goedgekeur het, was voorwaardes daaraan verbonde en moet alle balkonne óf verwyder, óf toegemaak word.
Alle vensters wat uitkyk op beide eiendomme langs hul eiendom moet ook hoër wees, tot op 'n punt van nie minder nie as 1,7 meter vanaf die vloervlak op beide die middel- en boonste vloer.
Baumann het maande lank vir 'n afskrif van die opgedateerde, goedgekeurde bouplanne gevra, maar sonder enige sukses.
Volgens 'n brief op 10 September 2021 van die president van die NIA, mnr. Herrmann Mueller, het hy na die goedgekeurde planne gekyk.
“Die tekeninge wys die oorspronklike groot vensters en die balkon word met staalhortjiesventers bedek. Dis bevestig dat dit in die munisipaliteit se opinie voldoen aan die voorwaardes van die raad.”
Baumann het aan Republikein gesê dis nie wat die raad besluit het nie en dat hy nie tevrede met die wysigings is nie.
Sy aansoek is van die hofrol geskrap nadat die regter bevind het die saak is nie dringend nie en die dringendheid daarvan is self geskep.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie