Hof toe oor Kora-geld
Augetto Graig - Die minister van die omgewing en toerisme mnr. Pohamba Shifeta het die Namibië Toerismeraad (NTB) amptelik opdrag gegee om regstappe te doen teen die organiseerders van die Kora-musiektoekennings, wat nooit plaasgevind het nie.
Die NTB het net meer as N$23,5 miljoen betaal vir bemarkingsmateriaal wat regstreeks oor Afrika uitgesaai sou gewees het tydens die mislukte skouspel op 20 Maart in Windhoek. Mnr. Ernest Adjovi, oorspronklik afkomstig van Benin en die eienaar van die Kora-handelsmerk, bevind hom sedertdien in die buiteland.
Die voormalige, plaaslike verteenwoordiger van die toekennings, mnr. Tonata Shiimi, sê hy het niks meer met die saak te doen nie.
Volgens Shifeta was onlangse nuusberigte oor die Kora-toekennings misleidend. Hy wou die feite regstel in ’n verklaring.
“Die besluit om die Kora’s te huisves, was gebaseer op die internasionale blootstelling wat Namibië daaruit sou kry, soos voorgelê deur die organiseerders. Dus was ’n diensooreenkoms tussen Kora en die NTB gesluit, met die bystand van die prokureur-generaal se kantoor, vir ’n Platinum-toerismebemarkingspakket ten bedrae van N$23 506 234 om dit as ’n platform vir die bemarking van Namibië as toerismebestemming op die res van die vasteland te gebruik,” lui die verklaring.
Volgens Shifeta was geen ander skenking deur die regering of enige regeringsinstansie aan die organiseerders gegee nie.
“Ons kan die Namibiese publiek verseker: Die oomblik toe daar tekens van kontrakbreuk was, het die NTB die opdrag ontvang om elke sent terug te kry," het hy gesê.
Dit was nadat 60 dae, soos die ooreenkoms stipuleer, op 20 Mei verstryk het. Die organiseerders kon toe nog nie die geld terugbetaal nie.
“Die ooreenkoms was in goedertrou deur die NTB onderteken, in die belang van die bevordering en ontwikkeling van toerisme.”
Die partye in die kontrak was die NTB en Mundial Telecom SARL, die maatskappy wat die toekennings organiseer. Volgens mnr. Digu //Naobeb, die uitvoerende hoof van NTB, is dit jammer dat die saak so moes verloop. Die NTB sal volgens hom die bepalings van die kontrak nougeset volg ten opsigte van die regstappe wat die instelling se direksie beveel het.
Hy wou in die lig van die regstappe nie meer besonderhede verstrek nie.
Die Namibiese Uitsaaikorporasie (NBC) het ook in Januarie ’n ooreenkoms met Mundial Telecom SARL gesluit vir die regte om die toekennings in Namibië uit te saai. Hierdie kontrak het geen betaling van die NBC vereis nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie