Hof verklaar een lewenslange straf van Morsi nietig
Egipte
‘n Egiptiese appèlhof het Dinsdag een van die twee lewenslange vonnisse wat die Islamitiese oudpresident van Egipte, Mohamed Morsi, in 2013 opgelê is, ter syde gestel.
Die vonnisse teen verskeie amptenare van die nou verbode Moslem Broederskap, wat saam met hom tereggestaan het op beskuldigings dat hulle vir Iran en die Palestynse militante groep, Hamas, gespioeneer het, is deur die hof nietig verklaar, het ‘n regsgeleerde, Abdel Moneim Abdel Maqsoud, aan AFP gesê.
Op 27 November sal dieselfde hof ook die tweede lewenslange vonnis teen Morsi heroorweeg in ‘n afsonderlike verhoor op klagte dat hy dokumente gesteel het wat met nasionale veiligheid verband hou en dit aan Katar, ‘n ondersteuner van die Broederskap, oorhandig het. Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie