Hof verwerp tweede aansoek om verkiesings te stuit
Die verkiesingshof het vanaand kort ná middernag ‘n tweede poging deur die onafhanklike presidensiële kandidaat, dr. Panduleni Itula, verwerp om vandag se algemene verkiesing te stop.
Die bank van drie regters het die dringende aansoek van die rol geskrap.
Die hof sal Vrydag sy redes verstrek en gelas of Itula ook vir die geding se koste moet opdok.
Itula se eerste aansoek is Maandagoggend met koste deur ‘n verkiesingstribunaal van die hand gewys.
Stukke is vanmiddag ná 16:00 geliasseer om die beslissing uit te daag. Argumente het eers ná 21:30 begin en het sowat twee ure geduur.
Regters se vrae en die verweer namens die Verkiesingskommissie (ECN) het gedui op ‘n aansoek en eedsverklaring vol gate wat nie korrekte regsprosedures gevolg het nie, nie dringendheid kon staaf nie en ook nie bewyse bevat dat Itula en sy ondersteuners onherstelbare skade sal lei as die verkiesing voortgaan nie. Sy prokureur, mnr. Titus Ipumbu, kon ook nie na wetgewing verwys waarop hy steun nie.
Itula wou opnuut hê dat verkiesings met elektroniese stemmasjiene (EVM’s) nie mag voortgaan sonder ‘n papierspoor wat elke kieser kan sien of vra nie. Hy het gevra stemdag moet uitgestel word en die kiestribunaal se uitspraak moet tersyde gestel word.
Namens die ECN is benadruk dat die kiestribunaal juis bevind het die artikels in die Verkiesingswet wat 'n uitdrukbare papierspoor voorskryf sedert 2014 nog nie van krag gemaak is nie.
Die regbank het die groot belang benadruk om ‘n dringende saak soort hierdie korrek te motiveer.
Regter Thomas Masuku wou onder meer weet hoe Itula se belange en die van sy “duisende” volgelinge (waarna sy eedsverklaring verwys) opweeg teen “miljoene” (sic.) stemgeregtigdes wat vandag hul demokratiese reg kan uitoefen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie