Hofgeding oor stadsraad moet eers wag
Hofgeding oor stadsraad moet eers wag

Hofgeding oor stadsraad moet eers wag

Jana-Mari Smith
Jana-Mari Smith



'n Dringende aansoek deur die Windhoek-munisipaliteit se uitvoerende hoof, mnr. Robert Kahimise, teen lede van die stadsraad is vir eers van die hofrol geskrap, klaarblyklik met planne om later 'n heraansoek in te dien.

In 'n hofbevel wat Dinsdag deur hoërhofregter Kobus Miller uitgereik is, is verduidelik die dokumente wat verlede Donderdag by die hof ingedien is, het “wesenlike onakkuraathede” bevat.

Die partye het ingestem die saak word vir nou as afgehandel beskou en van die rol geskrap.

Kahimise het egter bevestig dat 'n her­aansoek ingedien sal word, maar het nie 'n datum verskaf nie.

In sy beëdigde verklaring het Kahimise aangevoer 'n vergadering wat die stadsraad verlede week gehou het, het regulasies van die inperkingstyd oortree.

Verder meen hy die aanstelling van 'n waarnemende uitvoerende hoof was onreëlmatig, terwyl hy (Kahimise) steeds die amp beklee het en gereed was om sy verpligtinge na te kom.

Die doel van die dringende aansoek was om al die besluite en resolusies wat tydens dié vergadering geneem is, ter syde te stel. Dit sluit in besluite tydens 'n bestuurskomitee-vergadering 'n dag vóór die stadsraadvergadering.

Van die resolusies wat by verlede Woensdag se vergadering gemaak is, sluit in 'n drie jaar verlenging van die stadspolisiehoof Abraham Kanime se kontrak. Dit volg nadat hy reeds in Janu­arie bedank het. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!