• Tuisblad
  • Sake
  • Honderde Distell-werkers moet trek of vroeg aftree
Honderde Distell-werkers moet trek of vroeg aftree
Honderde Distell-werkers moet trek of vroeg aftree

Honderde Distell-werkers moet trek of vroeg aftree

Die drankgroep gaan die grootste deel van sy aanleg in Parow in die buurland sluit.
Francois Williams - Die drankgroep Distell gaan die grootste deel van sy aanleg in Greenpark in Parow sluit en die vervaardigingsvermoë skuif na sy Adam Tas-aanleg in Stellenbosch en sy Wadeville-aanleg in Gauteng.

Dit gaan in totaal minder as 100 poste in gedrang bring, mits werknemers bereid is om verder te reis werk toe of te verhuis.

Johan van Zyl, hoof van verskaffingskettingbestuur by Distell, het Maandag verduidelik 'n art. 189-proses ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge is begin wat sowat 800 werknemers raak.

Sowat 500 werkers sal gehuisves kan word by die Adam Tas-aanleg, en 150 nuwe poste word geskep by sy Wadeville-aanleg vir personeel wat bereid is om te verhuis.



verspreidingsentrum

Die Greenpark-aanleg sal omskep word in 'n verspreidingsentrum en pakhuis en daar sal werk wees vir net minder as 60 mense.

Van Zyl beklemtoon Distell sal probeer om die impak op personeel soveel moontlik te versag. ­Vrywillige aftreepakkette aan werkers ouer as 53 word aangebied.

Die Greenpark-aanleg word gesluit, want 60% van die produksievolumes daar was in elk geval vir die uitvoermark en vir die groter mark in die noorde van die land, sê Van Zyl.

Die hele projek, wat die skuif van die produksiegeriewe en die uitfasering van 'n bottelwassery insluit, sal sowat R700 miljoen kos en die mikpunt is dat dit teen einde Junie afgehandel sal wees.

Distell het al vier jaar gelede begin om van sy produksie in Wadeville en Springs uit te brei en onafhanklik te vestig om sy verspreidingsnetwerk te optimaliseer en koste te bespaar.

Sy bokswyn-aanleg in Wadeville is byvoorbeeld nou selfvoorsienend en kan wyn self vermeng en verpak sodat die voltooide produk nie meer al die pad van die Adam Tas-aanleg in Stellenbosch soontoe vervoer hoef te word nie.

By die Springs-aanleg kan drinkgereed- en appelsider-produkte nou self gefermenteer, vermeng en verpak word, Die Springs-aanleg is dus nou onafhanklik van Distell se Moni's-aanleg in die Kaap.



ekstra produksievermoë

Ander skuiwe wat Distell gemaak het, is die sluit van die Bergkelder by Stellenbosch, ekstra produksievermoë wat by Moni's gebou is, en 'n opgradering by die Nederburg-wynkelder vir die groep se strategie met premium­wyne.

Die groep het ook begin belê in groter volhoubaarheid, sê Van Zyl.

By die Springs-aanleg word bio-metaangas nou opgevang en gaan 'n kragopwekker teen einde Maart ­geïnstalleer word wat 1 MW se elek­trisiteit kan opwek uit die bio-gas.

Die Springs-aanleg kry ook 'n fotovoltaïese sonkragaanleg van 1 MW. Saam sal die 2 MW voldoen aan 'n derde van die aanleg se kragvraag.

Distell herwin ook 60% van al sy water by die aanleg.

Deel van die rede waarom die Greenpark-aanleg toemaak is omdat Distell in die res van Afrika plaaslike produksievermoë wil vestig.

In Kenia het die groep reeds sy eie bottelering, en teen einde Maart word 'n produksie-aanleg in Lagos, Nigerië, geopen. Daar is ook planne vir ­plaaslike produksiegeriewe in Angola en in Lusaka in Zambië. 

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!