Hoofstad dwing 'nuwe normaal' op informele handel af
Hoofstad dwing 'nuwe normaal' op informele handel af

Hoofstad dwing 'nuwe normaal' op informele handel af

Augetto Graig
Windhoek se informele handelaars begin stadig weer besigheid doen, terwyl die munisipaliteit sy inperking effens verlig.

Die hoofstad se strategiese uitvoerende beampte vir ekonomiese ontwikkeling en gemeenskapdienste mnr. Fillemon Hambuda sê van die munisipaliteit se 18 informele markte en 9 onverbeterde verkoopsterreine moet nog deur gesondheidsministeriebeamptes goedgekeur word voor hulle sal heropen.

Intussen word handelaars geregistreer om vir handelsbeurte by die markte te kwalifiseer.

"Die aanvraag is oorweldigend," sê hy.

Handelaars wat rondloop om hul goedere te verkoop, moet ook permitte kry om binne beperkte gebiede handel te bedryf, sê hy.

Stadspolisiehoof Abraham Kanime sê voorvalle waar stadpolisiebeamptes handelaars se voorraad vernietig, is geïsoleer en dié gedrag word nie deur die stadspolisie se bestuur geduld nie.

Hy erken egter probleme met die handhawing van betrokke regulasies: "Dit is altyd moeilik om honger mense te polisieer," sê hy.

Windhoek se gesondheid- en omgewingsbestuurder me. Mary-Anne Kahitu dring egter aan die handhawing van regulasies is die enigste pad vorentoe.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!