Hooggeregshofregter Hoff ingesweer
Hooggeregshofregter Hoff ingesweer

Hooggeregshofregter Hoff ingesweer

Tanja Bause
Regter Elton Hoff is gister as ’n regter van die hooggeregshof deur hoofregter Peter Shivute (links) ingesweer. Hoff is op aanbeveling van die regsdienskommissie van Namibië deur pres. Hage Geingob as ’n regter van die hooggeregshof aangestel. Die 60-jarige Hoff het sy regsloopbaan in 1982 by die Windhoekse landdroshof as staatsaanklaer begin. Hy het ses jaar later, in 1988, as ’n landdros op Keetmanshoop begin werk en is vir ’n verdere 10 jaar as landdros op Swakopmund aangestel. Hoff is sedert Maart 2001 as ’n regter van die hoërhof aangestel en is tans die langsdienende hoërhofregter in Namibië. Tydens sy indiensneming in die hoërhof, het Hoff die Caprivi-hoogverraadsaak verhoor. Dít was die langste verhoor in Namibië se geskiedenis en het byna 12 jaar ge­duur. Hoff het in September verlede jaar sy uitspraak wat byna 500 bladsye lank was en die getuienisse van 379 staatsgetuies gedek het, teen 65 beskuldigdes­ in die verhoor gelewer. Foto Tanja Bause

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!