Hou die hommels uit die parke
Peet Venter skryf:
Verlede Vrydag se skokkende voorbladberig, "Kind (3) in park geskiet", oor die barbaarse skietery op toeriste, verwys.
My mooi herinneringe aan hierdie ongerepte park bly steeds vars in my geheue. As vryskuttoergids wat saam met baie buitelandse toeriste op toer deur Namibië was, kan ek onomwonde sê dat 'n besoek aan die Bwabwata Nasionale Park altyd 'n hoogtepunt was. Briewe, poskaarte en e-posse uit die buiteland, veral Duitsland, kan hiervan getuig.
Ministeriële beamptes was toe net by die hek sigbaar om toegangspermitte uit te reik. Dan is dit jy, jou gesin of gaste (toeriste) in ongerepte Afrika.
'n Ander uitstekende alternatief is om by een van die topklas lodges langs die Kwandorivier te oornag. Die bestuur van hierdie plekke het ministeriële toestemming om hul gaste op besigtigingstoere deur die park te neem.
Ek het my verwonder aan die professionele wyse waarop gaste deur opgeleide gidse hanteer word. Hul kennis van die plante- en dierlewe was/is uitstekend.
Dit is nie soortgelyk aan die arme Keil-gesin se nagmerrie-ervaring verlede week nie, maar op 15 April 2016 het ek en my vrou saam met nog ander gaste 'n soortgelyke negatiewe ondervinding beleef.
Ons geselskap het 'n skaflike/ordentlike ent vanaf 'n watergat stilgehou en in afwagting kameras en verkykers gereed gekry. 'n Dubbelkajuitvoertuig van 'n jagsafari-onderneming wat teenaan die Bwabwata Park 'n jagkonsessie het, het ongemaklik naby aan die watergat stilgehou. Persone het in die laairuimte geklim en daar bedrywig geraak. Die rustigheid was versteur.
Die volgende oomblik het 'n olifanttrop deur die bome op die water afgepyl. Daar was heelwat kleintjies in die trop. Mens kon duidelik sien hulle is dors.
Eensklaps het 'n onheilspellende geluid die lug gevul . . . 'n Vreesaanjaende diep dreuning klink op.
Chaos breek los! 'n Woeste getrompetter van angs en woede vul die lug. Dorstige slurpe hemelhoog tussen die stofwalms, met die rooi Afrikason as agtergrond.
Babas word omgestamp en weer opgehelp en so vlug die trop halsoorkop op hul spoor terug in die beskerming van die woud in met net die sakkende son as metgesel.
Ja lesers, julle is reg. Dit was 'n verpeste hommeltuig wat vanaf die voertuig gelanseer is tot bo-oor die olifanttrop. Die tuig het bo die vlugtende olifante bly hang soos hulle die bos ingevlug het. Dit het daarna vir 'n veilige landing weer by die bakkie opgedaag.
Vir 'n wyle was die paniekerige geluide en brekende bosse nog hoorbaar. Daar was uit die aard van die saak gelukkig net mondelinge konfrontasie met die grynsende jagoperateur wat homself natuurlik verontskuldig het.
Dit was al skemer oor Bwabwata toe ons terugkeer na ons slaapplek op die "dark continent."

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie