Hou rekening met winkels se Kers-tye

MET Kersfees net ure weg en Nuwejaar ookom die draai, sal Namibiers hul inkopies en uitetery mooi moet beplan omdat werksure by verskillende ondernemings aan die kus en in die binneland verskil. Vakansiegangers in Swakopmund is bevoorreg om selfs op Kersdag inkopies by die Pick 'n Pay te kan doen.

Die supermark gaan nie sy deure vir die groot dag toemaak nie, alhoewel die ander Pick 'n Pay-takke dwarsoor die land toe sal wees. Met die feestyd reeds hier, is dit raadsaam omte let hoe die sake-ure in die markplek op sekere dae sal verander.

Mense wat tot op die laastewagomKersgeskenke te koop, sal die keer betyds moet uitvind of die winkel wat hulle in gedagte het wel oop is. en Interessante waarneming uit Republikein se blitsopname is dat dieselfde ondernemings se werkure kan verskil tussen die kus en Windhoek.

Een voorbeeld is die Spur-restaurant. In Windhoek sal sy deure op Kersdag en Nuwejaarsdag toe wees, terwyl die tak in Swakopmund op die 25ste tot 14:00 oop sal wees en op die Iste Januarie sy deure eers 23:00 sal toetrek.

Die Pick 'n Pay-groep sal net op Kersdag 'n aanpassing aan sy ure maak. Die res van die dae sal dit op normale ure funksioneer, behalwe op die openbare vakansiedae wanneer hulle Sondag-ure sal toepas. Hier is 'n kort lysie van 'n paar ondernemings met hul sake-ure vir die feestyd.

Shoprite Checkers is vandag oop; more gesluit, weer oop op 26 Desember van 09:00 tot 14:00; op 27-28 Desember oop van 08:00 tot 18:00; op 29 Desember van 07:00 tot 16:00; op 30 Desembervan 08:00 tot 15:00 en op 31 Desember van 07:00 tot 18:00 oop en op 1 Januarie 2008 gesluit wees.

Vanaf 2 Januarie sal Shoprite Checkers weer sy volgende normale ure volg: Maandag tot Vrydag 08:00 tot 18:00; Saterdae 08:00 tot 16:00; Sondae 08:00 tot 13: 00. Woolworths sal vandag van 08:30 tot 14:00 oop wees. Op 25 en 26 Desember sal die winkel gesluitwees en van 27 tot 30 Desember weer normale ure oop wees. Op 31 Desember sal die winkelure van 08:30 tot 14:00 wees en op nuwejaarsdag sal die winkel gesluit wees.

CNA hou sy deure ekstra laat oop in die aanloop tot die feesdae en is vandag van 08:00 tot 17:00 oop en op Kersdag gesluit. Op 26 Desember sal die winkel oop wees van 09:00 tot 17:00, van 27 tot 30 Desember oop vir normale ure; op 31 Desember oop van 09:00 tot 19:00 en op Nuwejaarsdag sal die winkel gesluit wees.

Die juwelierswinkel Sterns is net op 25 Desember en 1 Januarie gesluit maar oop van 09:00 tot 17:00x vandag en 31 Desember. Op die dae tussenin is normale ure van toepassing. Die Spur restaurant in Windhoek is vandag en more gesluit. Op 26 Desember is dit oop van 10:00 tot 22:30, op 31 Desember oop van 10:00 tot 14:00 en weer op 1 Januarie 2008 gesluit.

Hierteenoor sal die Spur op Swakopmund vandag oop wees van 09:30 tot 22:00; op 25 Desember slegs vir bespreekte gaste oop van 09:30 tot 14:00; op 31 Desember oop van 09:30 tot 23:00 en op 1 Januarie 2008 oop van 09:30 tot 23:00.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!