Houthi speel rol in aanval op oorlogskip
Jemen
Amerika sê daar is toenemende aanduidings dat Iran-gesteunde Houthi-rebelle, ondanks ontkennings, vir Sondag se aanval op die Amerikaanse vlootvaartuig ná aan die kus van Jemen, verantwoordelik was.
Die rebelle het oënskynlik klein skuitjies as uitkykposte gebruik om te help om aanduidings vir ’n missielaanval op die oorlogskip te gee.
Amerika ondersoek ook die moontlikheid dat ’n radarstasie onder Houthi-beheer in Jemen gebruik is om die posisie van dieUSS Mason vas te stel en dit aan die rebelle beskikbaar te stel om die aanval te beplan.
Nie een van die twee missiele wat van die Houthi-beheerde gebied afgevuur is, het dieUSS Mason of die nabygeleëUSS Ponce, ’n amfibiese transportdok getref nie. Die voorval kan egter tot die eerste Amerikaanse weermagoptrede teen Houthi-rebelle in Jemen lei. Die Houthies het tot nou enige rol in die aanval ontken. Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie