Houtwerker van formaat
Elizabeth Joseph op Lüderitz – Abner Nepolo is 'n 46-jarige inwoner van Lüderitz wat verskillende houtprodukte soos beddens, tafels en stoele met die hand maak.
Abner het in 2018 daarmee begin en het intussen vir hom 'n naam in en rondom Lüderitz gemaak. Voorheen het hy 'n kontrak gehad om grasdakke vir plaaslike lodges en sakeondernemings in die Noorde te bou.
“Ek het nie so lank terug nie van die Noorde af gekom en sedertdien maak ek meubels om my gesin te onderhou. Ek is passievol daaroor om te sien hoe my idees lewe kry ná ek klaar is met 'n projek,” sê Abner.
Behalwe dat hy homself besig hou met verskillende projekte het hy ook 'n sierkunsmaatskappy, want hy glo 'n man moet nooit net een bron van inkomste hê nie.
“Ek beskou myself as baie kreatief en ek wil dit op soveel maniere as moontlik wys. Ek help klein besighede rondom my om hul besighede se name op hul winkels te verf, en só slyp ek my vaardighede,” vertel Abner verder.
Terwyl hy sy produkte voor sy huis uitstal, kontak baie mense hom ook nadat hulle van sy werk gehoor het. Mense kom met idees en foto's, dan maak hy die meubelstuk volgens die kliënt se versoek.
Dit neem hom minstens twee dae om 'n projek te voltooi, afhangend hoe ingewikkeld dit is.
Hy is bedrewe en is oral in Area 7 bekend as 'n man wat nooit vir 'n uitdaging terugstaan nie. Hy leer ook jong seuns wat sy passie vir houtwerk deel om meubels te maak.
Abner word daagliks deur uitdagings in die gesig gestaar, soos masjiene wat breek, wat dan die voltooiing van die projekte belemmer. Hy word dikwels gedwing om afslag te gee, omdat besighede in Lüderitz deur 'n moeilike tyd gaan.
As kind wou hy net teken en sy hande gebruik om houtwerk te doen.
“As daar jongmense is wat weet hulle het 'n talent, wil ek vir hulle sê om nie hul talente te mors nie en hard te werk om iets daarmee te doen so gou as wat hulle kan,” sê Abner.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie