Huawei-grootkop in Kanada aangekeer
Meng Wanzhou, een van vyf adjunkvoorsitters van die Chinese Huawei-groep, is in Vancouver, Kanada, in hegtenis geneem.
Sy word daarvan beskuldig dat sy Amerikaanse sanksies teenoor Iran verontagsaam het. Hiervolgens mag geen tegnologieprodukte wat in Amerika vervaardig word na Iran (en verskeie ander lande) uitgevoer word nie.
Reuters het voorheen berig dat die Amerikaanse departement van justisie Huawei reeds sedert 2016 ondersoek wat dié oortredings betref.
Meng is die dogter van Ren Zhengfei, stigter van Huawei. Sy sal Vrydag in die hof verskyn. Afhangende van die bevinding kan sy dan aan Amerikaanse owerhede uitgelewer word.
Huawei het in ’n verklaring die arres bevestig, maar sê hy het min inligting ontvang oor wat die aanklagte teen haar behels. Die maatskappy sê verder hy is nie daarvan bewus dat Meng enigiets verkeerds gedoen het nie.
Die Chinese ambassade in Kanada sê hy is gekant teen haar arres en dring daarop aan dat sy onmiddellik vrygelaat moet word.
Die arres kan druk plaas op die verhouding tussen die VSA en China. Dit volg nadat pres. Donald Trump en China se pres. Xi Jinping dieselfde naweek as wat Weng in hegtenis geneem is, tot ’n gelyk gekom het om vir eers in gesprek te tree oor handelsgeskille.
Meng is ook dieselfde dag aangekeer as wat Brittanje se BT Group aangekondig het hy gaan alle Huawei-toerusting van sy bestaande 3G- en 4G-netwerke verwyder. Hy sê ook hy gaan nie Huawei-produkte in sy nuwe netwerk gebruik nie.
Verskeie lande het reeds dié stap geneem aangesien Huawei weens sy noue bande met die Chinese regering van spioenasie beskuldig word. – Reuters, verwerk/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie