Huis brand af

'n Familie is haweloos gelaat nadat hul woning in vlamme opgegaan het.
Augetto Graig
Augetto Graig - 'n Huisgesin staar 'n droewige Kersseisoen in die gesig nadat hul huis gisteroggend afgebrand het.

Die eienaar van dié huis in die Okahandja Park informele nedersetting in die hoofstad, me. Maureen Gaweses, is hoog swanger met 'n tweeling, en sit nou saam met tien ander familielede sonder heenkome. Dit sluit vyf kinders van vier maande tot 17 jaar in.

Volgens me. Katrina Swartz, Gaweses se ma, het die brand tussen 09:00 en 10:00 ontstaan terwyl haar dogter daar naby by bure 'n verjaardagpartytjie bygewoon het. Net een van die inwoners was tuis. Toe hy die vlamme sien, het hy gehardloop om hulp te gaan kry, vertel Swartz. Die brandweer is dadelik gebel, maar toe hulle by die toneel opdaag, was dit te laat. Die oorsaak van die brand is onbekend.

“Waar begin mens, hierdie tyd van die jaar, as jy so als verloor het,” vra Swartz moedeloos. Die familie het sedert 2002 in die huis gewoon.

Toe Republikein voor middagete die familie besoek het, was hulle steeds besig om in die puin te soek na enige iets te redde. Van hulle was besig om ou bankboekies oop te skeur om noodsaaklike identiteitsdokumente daaruit te haal. Ander lede het halfverbrande geldnote versamel. Rokende balke is verwyder voordat dit verder verwoesting kon veroorsaak.

In die skadu het Gaweses op die enigste oorblywende stoel gesit, diep bekommerd oor wat die kinders skool toe sou dra aangesien al hul klere vernietig is.

“Enige iemand wat iets kan doen om ons te help, sal ons so waardeer,” het Swartz gesê. Volgens haar is dit nie die eerste keer dat so 'n ramp die gemeenskap tref nie. “Vyf huise het in die tyd afgebrand.”

Enige iemand wat gewillig is om te help, kan vir Gaweses bel by 081 677 7654 of haar ma, Katrina, by 081 703 9492.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!