Huishoudelike geweld gedy in Kavango-Wes
Die naweek is drie sake van huishoudelike geweld in die Kavango-Wesstreek by die polisie aanhangig gemaak.
Vrydag om 05:00 het ’n 36-jarige man in die Siya-nedersetting in die Kavango-Wesstreek ’n vrou drie keer met ’n mes in haar kamer gesteek. Die 32-jarige vrou is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die man en vrou glo twee kinders. Hy is in hegtenis geneem.
In die Murayi-nedersetting in dieselfde streek het ’n 38-jarige man sy vrou met ’n hark oor die kop geslaan. Die vrou is met ernstig beserings in die staatshospitaal op Rundu opgeneem en die man is in hegtenis geneem.
In die Burgo-nedersetting ook in Kavango-Wes het ’n 20-jarige vrou glo kookwater oor ’n agtjarige meisie gegooi. Die vrou is na bewering die minderjarige se tannie. Die meisie het brandwonde op haar bors en rug opgedoen. Die verdagte is glo verstandelik gestrem.
ONGELUK
’n Vragmotor het die 19-jarige Jean-Paul Böck van Swakopmund Saterdag op die hoofpad tussen Oshivelo en Tsumeb doodgery. Volgens die misdaadverslag wou hy glo sy hondjie vang wat uit die voertuig gespring het toe die voorval gebeur het. Hulle het langs die pad gestop omdat die voertuig ’n pap band gehad het.
MOORD
Mnr. Willem Goeieman (38) is Vrydag om 23:30 op die plaas Cordova naby Gobabis met ’n mes doodgesteek. Hy en die verdagte het na bewering drank op die buurplaas gaan koop en saam gekuier toe ’n rusie ontstaan het. Die slagoffer het glo ’n leë bierkrat gevat en die verdagte daarmee aangerand. Hy het Goeieman met ’n mes in die nek gesteek. Goeieman is op die toneel dood. Die verdagte is in hegtenis geneem.
Mnr. Ranard Nabeb (38) is Sondag om 01:30 in Orwetoveni op Otjiwarongo doodgesteek. Na bewering het hy en die verdagte baklei waartydens die verdagte vir Nabeb met ’n okapi-mes doodgesteek het. Nabeb het glo die verdagte se ouers beledig. Die verdagte het weggehardloop en is om 05:40 in hegtenis geneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie