Hulp stroom na gestrande Fukuseki Maru
Des Erasmus - 'n Sleepboot is van Kaapstad af op pad na waar die Japanse tunaboot, die Fukuseki Maru No. 7, Woensdag in die see noord van Hentiesbaai op die rotse geloop het. Dit sal vir bergingswerk aangewend word.
Intussen is 'n span reddingswerkers uit Japan na Namibië onderweg en sal môre (Saterdag) op die toneel wees om saam met Sub Tech Diving van Walvisbaai bystand te verleen.
Die Fukuseki Maru se bemanning van 24 is steeds aan boord van die vaartuig waar dit sowat 5 km suid van die Winston-wrak op die rotse lê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie