Humor in konflik
WILLEM DE WET SKRYF:
Well said Fred, ag ek bedoel Herta.
Kom ons begin ’n party wat nie alles so ernstig opneem nie en humor sien in konflik. As ons net almal ’n slag lekker ongemasker uit ons maag as ’n nasie saam kan lag oor 30 jaar se k*k en kerm, voorspoed, teespoed, huil, lag, swart, wit, swaarkry en lekkerkry, Ford en Chef, Aktur en DTA, bier en brannewyn en al die ou goedjies waaroor ons stry en ook dit wat ons laat stry, soos Toyota, Blou Bulle en blonds, dan kan ons weer kop optel soos ’n boer met die reuk van reën in die lug.
Gister se probleme by gister los, nuwe vore in die sand trek en met hoop nuwe saad daarin toekrap en begin beplan wat ons met al die voorspoed wat van die plantsel geoes gaan word gaan doen, en wat ons alles daaruit gaan staan maak.
Die ou draadjie waaroor ons moet spring om vorentoe te gaan is laag, maar ons het ’n hoë draad in die kop.
Amper soos ’n kamp-gemsbok waar die drade afgehaal is en sy beperkinge nie meer bestaan nie, wat steeds langs die denkbeeldige draad hardloop, asof die draad daar is, en steeds kop in die grond onder die draad deur duik by die gat waar hy altyd was.
So is ons.
Op ’n spoor van negatiwiteit en so ingekyk in daai spoor, dat ons ook nog hol vir die gat wat ons ken eerder as om net die draad in die kop ook plat te slaan en ons vermoëns vlerke te gee.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie