Hupstoot vir atlete voor Tokio 2021
Hupstoot vir atlete voor Tokio 2021

Hupstoot vir atlete voor Tokio 2021

Olimpiese Spele
NAMPA
Die kantoor van die adjunkpresident in samewerking met Telecom Namibia het 'n borg­skap van N$36 000 aangekondig vir die land se atlete wat vir deelname aan die 2021 Olimpiese Spele deurgedring het.

Elkeen van die 12 atlete wat sover ­gekwalifiseer het, sal na ­verwagting N$3 000 ontvang. Die bedrag is bestem om vir die atlete skoene met die oog op die Spele aan te skaf. Die skenking van Telecom Namibia word deur die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee (NNOK) hanteer, nadat die telekommunikasiemaatskappy die inisiatief op versoek van adjunk­president Nangolo Mbumba ondersteun het.

By die oorhandiging Woensdag het Mbumba gesê hy het besluit om geld te help insamel vir die naellopers ­Beatrice Masilingi en Christine Mboma, asook die marathon-kwalifiseerders Helalia Johannes en Tomas Rainhold in die opbou na die Olimpiese Spele wat vanaf 23 Julie tot 8 Augustus in Tokio, Japan, geskeduleer is.

Mbumba het gesê dit is belangrik dat die gemeenskap erkenning gee aan die uitstaande atlete se prestasie – vandaar sy besluit om die atlete en hul afrigters te ontmoet as aanmoediging dat hulle moet aanhou om hul drome na te jaag.

Afgesien van Atletiek Namibië se verteenwoordigers, tel die padfietsryers Dan Craven en Vera Adrian, bergfietsryers Alex Miller en Michelle Vorster, asook die roeier Maike Diekmann onder diegene wat reeds gekwalifiseer het. Moontlikhede bestaan ook nog vir Namibiese gimnaste, karateka, stoeiers en swemmers om hul name by die lys te voeg. “Ons het besluit om hierdie atlete te help deur Telecom Namibië te benader en hulle het ingestem om aan boord te kom met geld waarmee die atlete hardloopskoene kon aankoop.”
– Nampa

FOTO
By die oorhandiging staan (voor) die minister van sport, jeug en nasionale diens, me. Agnes Tjongarero; adjunkpresident Nangolo Mbumba en adjunkminister me. Emma Kantema-Gaomas. Die middelry is Tomas Rainhold, Helalia Johannes, Beatrice Masilingi en Christine Mboma. Agter staan mnre. Audrin Mathe (uitvoerende direkteur van die ministerie), die afrigters Henk Botha en Robert Kaxuxuena en Freddy Mwiya van die Sportkommissie. Foto Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!