Hupstoot vir Huis Acacia
Hupstoot vir Huis Acacia

Hupstoot vir Huis Acacia

First National Bank het deur die FirstRand Namibia Foundation Trust N$200 000 aan die Kankervereniging van Namibië (CAN) ter ondersteuning van Huis Acacia oorhandig.

Huis Acacia verskaf verblyf aan pasiënte van buite Windhoek wat vir behandeling na die hoofstad moet reis.

‘n Trustee van die trust, me. Jane Katjavivi, het haar dankbaarheid uitgespreek oor die sorg wat kankerpasiënte in die land van beide die private en openbare gesondheidsektor ontvang.

“CAN se werk is noodsaaklik in die ondersteuning van kankerpasiënte en hul gesinne. Dit sluit inligting, toetse, berading en verblyf aan pasiënte buite die hoofstad in. Dit help ook met die opknap van die kankersorgsentrum by die Windhoek Sentrale Hospitaal.

“Ek is veral beïndruk met CAN se ondersteuning in die vorm van borsondersoeke, toetse vir servikale kanker, papsmere en ook MIV/vigstoetse,” het Katjavivi gesê.

Volgens haar het First National Bank oor die jare ‘n sterk vennootskap met die vereniging ontwikkel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!