Iemand met gesag, neem kennis
Jurie Viljoen skryf:
Daar is al gesê dat Windhoek die skoonste stad in Afrika is. Dalk is daar mense wat nog so dink; die spreekwoord sê dat sulke mense met oogklappe lewe.
Daar is ook ''n begrip dat ''n land se ekonomie tot rommelstatus verlaag kan word. Wel, ek dink dit is ''n paslike begrip as ''n land se omgewing deur dieselfde woorde beskryf word.
Die twee vuilste plekke vir my op aarde is die Suiderhof-basis (dalk doen dit die naam van die straat, Laurent Deseree Kabila, gestand)? Is dit hoe ons stadsvaders dink dat iemand vereer moet word?
Dan is daar Frankie Fredericks-straat, wat kort op die hakke van eersgenoemde plek volg. Hierdie pad word aan die een kant versier deur pragtige geboue: die nuwe Virgin Active en die Lady Pohamba-hospitaal aan die een kant en ''n rommelbestrooide sypaadjie aan die ander kant. Vereer ons een van ons atletiekhelde so?
Ag, ek weet ek is nou besig met die dun puntjie van die ysberg, want selfs rondom staatshuis dreig die plastieksakke om die heining om te waai. Laat ons asseblief plastieksakke koop? Laat ons rede hê om trots te wees op ons land.
Een van die langste rommelhope kry ons langs die pad naby Okahandja. Ek verwys na die informele, onooglike "Vyfrand-kamp" links van die pad. As ''n mens vinnig kyk, dan lyk dit of dit gesneeu het.
Die eens trotse tuindorp is nou die “vuildorp”. Wat ''n skande!
Ja, dit is waar. Die droogte met min gras en bosse beklemtoon die rommelstrooiery, maar dis geen verskoning nie.
Dan is daar die donkies, perde, bokke en beeste langs die pad wat die pad in die nag in ''n doodsakker omskep. Hoeveel mense is nie al buite Rehoboth dood as gevolg van diere in die nag nie?
In enige beskaafde land word die eienaar verantwoordelik gehou as jy diere op die pad sal doodry. Hier is dit niemand se verantwoordelikheid nie. Kan die owerhede nie die diere skut nie?
Dit sal waardeer word as iemand met gesag kan kennis neem van hierdie jammerlike toestande en sommer iets daaraan kan doen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie