Ierse patat-chips en infrarooi waterstrale
Pedro Vorster
Die veerboot word meestal vol gelaai met vragmotors. Uit die buik wentel ons boontoe na ’n sit- en eetplek. Daar staan die geharde manne van die Esmv’s op en bied ons hul sitplekke naby die kos- en dranktoonbank aan. Ons reis met ’n baba en die “wee one” moes hul week gemaak het.
Dit is bog dat Namibiërs visas benodig om Noord-Ierland te besoek. Ons is versigtige reisigers en het, net om seker te maak hulle smyt ons nie uit oor beuselagtighede nie, oordadige dokumentasie saamgeneem waarna nooit gevra is nie.
Een “trendy” eetplek in Belfast, die hoofstad van Noord-Ierland, bedien die heerlikste oranje patat-slapchips. Die skyfies is geurig en heerlik en daarom ’n sin werd. Ierland is nie verniet bekend vir sy honderde tipes aartappels nie en en enige honger toeris kan gerus Ierse aartappelgeregte en bierpastei probeer.
In ons gemoedelike plekkie het hulle meubelstukke teen die plafon gemonteer en so raak die plafon vloer en omgekeerd. Die ondersteboheid was ’n teken alles is hier nie pluis nie.
“Gaan toilet toe,” koor my metgeselle. Watwou ek is nie ’n kind nie. Hulle dring egter aan. Half vervies gaan ek en die ablusiegeriewe boul my uit.
Die dekor is Mercedes-motordele en afgesien van al die outomatiese spoelstelsels, papierhanddoeke wat verskyn, ligte wat outomaties aan- en afgaan, is die wieldopwasbakke die hoogtepunt. ’n Straal water spuit as jy jou hand onder ’n sensor hou. Niks verbasend nie, behalwe dat die kleure van die ligsensor die waterstraal se sterkte reguleer. Na gelang van waar jy jou hand hou, is blou se straal sterk, pers middelmatig en rooi swak.
My pret daar binne laat lig baie Ierse wenkbroue oor die verspotte man wat al laggende peuter aan al wat ’n ding is in die klein kamertjie. So duur ’n gewone besoek vir ’n Namibiër baie langer.
Een wêreldwyse gidsboek sit die pot lelik mis wat oesters betref. Die boekie verkondig dat Ierse oesters die beste op dees aarde is. Miskien was ons ongelukkig en het ons ervaring te veel gekos, maar die oesters wat ons te koue kry by die hoogsaanbevole seekosrestaurant is nie naastenby so watertandlekker soos Walvisbaai se skulpgoed nie.
Op die hoofkaai staan ’n groot moderne museum wat Belfast-hawe se eertydse jare van voorspoed en tragiek gedenk. Hier word die vaart van die Titanic-stoomskip uitgebeeld. Die kolossale ikoniese passasierskip, wat ewe arrogant “Onsinkbaar” gedoop is, is hier in 1911 ter water gelaat. Dit tref ’n ysberg en sink op sy eerste vaart. Duisende mense verdrink en verkluim tragies in die nag in die ysige Noord-Atlantiese see.
’n Enorme hyskraan staan en luier oor een vasmeerplek, ’n reusebidsprinkaan wat smeek om werk. Soos in Glasgow het die skeepsbou stelselmatig verminder sodat die leë kaaie en skure drasties moes aanpas om te oorleef.
Die ou hawe is besig om te verander in ’n toeristemekka. Die vervaardigers van die TV-reeks Game of Thrones het die goedkoop huur aangegryp en hul permanente hoofstel in een ou skuur van die Titanic opgerig. Voor die deur staan ’n toerbus. Besoekers welkom.
Die ou oorlogstrydos, Her Majesty’s Ship Carolina, het twee wêreldoorloë oorleef en lê nou mooi opgeknap en droom langs een kaai. Aan boord is ’n saal waarin die skip se betrokkenheid in die groot seeslag van Jutland skitterend in klank en beeld gedramatiseer word.
Vandag nog stry die Duitsers en Engelse oor wie die seeslag gewen het. Blykbaar het die Duitse vloot meer skepe gesink en seemanne gedood, maar dit maak hulle nie die oorwinnaars nie!
Weg van die dokke by die besige Broadway verkeersirkel in die middestad staan ’n enorme geodesiese sfeer. Dit is die grootste publieke beeldhouwerk in Belfast . Vir ’n koel N$6,4 miljoen kry die gemeenskap ’n bal binne ’n bal. Hulle troos hulself daaraan dat die grootste vorm 38 m hoog staan en dat albei van duursame wit en silwer staal is. Die vervaardigde stukke, ’n ingenieursprestasie, simboliseer opstanding. Vir al daardie geld kan ’n mens jou eie vae betekenis aan die beeldhouwerk koppel, soos “opheffing”.
Hoe ver die struktuur van die sentimente van die gewone Belfast-inwoner is, lê in die titel wat hulle daaraan gee. Hulle doop die installasie Die balle by die valle.
In die verdeelde Belfast-gemeenskap is die balle soos onderstebo meubels aan die plafon.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie