IMF sê wolk hang oor wêreld se groei
Die fonds se besturende direkteur sê die wêreldekonomie het “verdere momentum verloor”.
Hanlie Stadler – Sowat 70% van die wêreldekonomie gaan vanjaar traer groei as voorheen, maar die wêreld gaan nié binnekort ’n resessie beleef nie, sê Christine Lagarde, besturende direkteur van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF).
Lagarde het Dinsdagaand in ’n toespraak voor die Amerikaanse Kamer van Koophandel in Washington gesê die wêreldekonomie is by ’n “delikate oomblik”.
Die toespraak is gelewer kort voor volgende week se lentevergaderings van die IMF en Wêreldbank.
Die IMF gaan sy kwartaallikse vooruitskouing van wêreldgroei dan uitreik en Lagarde waarsku dat dinge verswak het sedert Januarie se vooruitskouing.
In Januarie het die IMF wêreldgroei van nagenoeg 3,5% vir 2019 en 2020 voorspel. Lagarde wou nie die aap uit die mou laat oor wat die nuwe verwagting is nie, maar sê die wêreldekonomie het “verdere momentum verloor”.
Sy skryf dit toe aan stygende handelspanning en hoër rentekoerse in die tweede helfte van 2018. Intussen lyk dit asof die wêreld se grootste sentrale banke, soos die Federale Reserweraad in die VSA, rentekoerse in ’n “geduldiger pas” gaan begin verhoog, wat die wêreldekonomie vanjaar sal ondersteun, volgens Lagarde.
“Maar, net om dit duidelik te stel: Die verwagte herstel in wêreldgroei later vanjaar is onseker. Dis kwesbaar vir daalrisiko’s, insluitende onsekerhede wat met spesifieke lande verband hou, soos Brexit, en breër onsekerhede soos hoë skuldvlakke in sekere sektore en lande, spanning oor handelsbeleid en ’n gevoel van ongerustheid in finansiële markte.”
Lagarde sê dis nou die tyd vir individuele lande om seker te maak hul makro-ekonomiese beleid is gemik op groei en stabiliteit, maar met die nodige balans om uitermate ongelykheid te verminder.
“Hier kan fiskale beleid ’n sleutelrol speel, insluitende deur progressiewe maatreëls wat land-spesifiek moet wees, en sterker veiligheidsnetwerke wat die ontwrigting kan takel wat deur tegnologiese verandering en globalisering veroorsaak word.
“Bowenal kan fiskale beleid breër geleenthede help skep deur toegang tot goeie onderrig, gesondheidsorg en infrastruktuur te verskaf – veral vir mense wat agter- of uitgelaat is.”
Kommer oor korporatiewe reuse
Lagarde sê ’n nuwe IMF-ontleding wys dat die groei van ’n paar korporatiewe reuse in ontwikkelde lande nie die wêreldekonomie bevoordeel het die afgelope 20 jaar nie.
Die reuse het investering, produksie en die deel van die nasionale inkomste wat aan werkers betaal word, minimaal ondersteun.
“Ons het ook gevind dat ’n klein aantal hoogs dinamiese maatskappye verantwoordelik was vir die grootste winsgrense. Met ander woorde, daar is ’n dinamika aan die werk dat die ‘wenner die meeste vat’ – veral opmerklik in die digitale ekonomie.”
Lagarde identifiseer nie die maatskappye nie, maar dit kan ’n verwysing wees na reuse soos Amazon, Facebook en Alphabet, wat ’n reuse-markaandeel in e-handel, sosiale media en aanlyn soektogte het.
Sy sê die wêreld het nie ’n “monopolie-probleem” nie. “Maar ek sê dat ons toepaslike stappe moet doen sodat dit nie ’n probleem word nie.”
Dit sluit in dat toegang vir nuwe maatskappye makliker gemaak moet word.
Handelsbeleid
Lagarde het te velde getrek teen handelsversperrings (soos invoertariewe).
Nuwe navorsing deur die IMF wat 180 lande oor 60 jaar dek, toon dat vryhandel investering bevoordeel, veral in fabrieke, masjinerie en ander gebied wat baie werk kan skep.
Handelsversperrings het die teenoorgestelde uitwerking.
Sy sê dis juis nou van besondere belang omdat investering reeds swak is en nog verder geskaad kan word deur handelsversperrings.
As invoertariewe op alle goedere wat tussen die VSA en China verhandel word, met 25 persentasiepunte styg, sal dit Amerikaanse groei met 0,6% laat daal en Chinese groei met tot 1,5%.
“Dis potensieel selftoegediende wonde wat vermy moet word.”
Lagarde sê die gesprek oor invoertariewe word gekoppel aan handelsoorskotte en -tekorte, terwyl bilaterale handelsbalanse eerder deur makro-ekonomiese faktore aangedryf word as deur invoertariewe.
“Die doeltreffendste manier om bilaterale handelstekorte te verminder, is om tariewe te vermy, want tariewe op die goedere van een land kan handelsvloei slegs na ander lande herlei.”
“Niemand wen ’n handelsoorlog nie,” sê Lagarde.
Lagarde sê die Wêreldhandelsorganisasie moet gemoderniseer word om onderhandeling en dispuutoplossing te verbeter.
Maatskappybelasting
Die IMF se ontleding wys dat ontwikkelende lande nagenoeg $200 miljard per jaar aan maatskappybelasting verloor omdat maatskappye hul wins verskuif na lande met lae belastingkoerse.
Dit maak dit nog moeiliker vir lae-inkomstelande om groei en werkskepping te verbeter.
Lagarde sê goeie vordering word gemaak om die internasionale belastingstelsel te moderniseer, maar baie werk lê nog voor.
Korrupsie
Ander aspekte waaroor Lagarde gepraat het, was klimaatsverandering en korrupsie. Sy sê die jaarlikse koste van net omkopery is meer as $1 500 miljard – nagenoeg 2% van die wêreld se bruto binnelandse produk.
Sy sê korrupsie lei tot ’n enorme verlies aan staatsinkomste en tot staatsbesteding van ’n laer gehalte. “Dié nuwe ontleding bevestig wat ons al lank vermoed: Korrupsie verlaag groei. Dit verhoog ongelykheid. Dit voer wantroue.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie