In die agtersitplek van een van Windhoek se ‘oebers’
Dani Booysen - Gister is ons geslaan met nog ‘n verhoging in brandstofpryse, en nuwe pryse vir visums, permitte en ander openbare dokumente het ook van krag geword.
Die meeste Namibiërs se beursies bult al lank nie meer nie.
Munisipale tariewe het ook verhoog en aangepaste taxitariewe wink op die horison.
Soos broeder Van Lill, wat gister oor dieselfde onderwerp maar net gesê het, ry Dapperrerige Daniëltjie ook af en toe in die maand saam met een van Windhoek se “oebertjies”, soos ‘n kollega die mousters met die groot alfabet- en nommerkode op die agterruite en deure noem.
Verlede week toe taxibestuurders se vakbond met ‘n 50% verhoging gedreig het, het Dapper net die volgende aand op pad huis toe ‘n oeber gesoek, gewapen met die huidige en voorgestelde nuwe pryslyse.
En was dit nie ‘n interessante gesprek daar vanuit die oeber se agtersitplek nie. Oor die afronding en variasie van pryse en al wat ‘n ding is.
Dit doen ‘n mens wondere om die wêreld uit ander perspektiewe te sien, selfs al kan jy nie pens en pootjies agter die stuurwiel van ‘n medeburger se lot en lewe inklim nie.
Watter werker sal tevrede wees as hy/sy meer as vier jaar laas ‘n verhoging ontvang het? En ons weet stygende lewenskoste knel almal. Geruime tyd al.
Die impak op gebruikers van openbare vervoer gaan gevoelig wees, maar vier jaar? Nie eens drie of twee nie?
‘n Klompie jaar gelede al is Windhoek se taxibedryf as ‘n jaarlikse miljard dollar-besigheid beskou.
Belangrik is om bietjie dieper te kyk hoe die hele taxi-affêre inmekaar steek.
Die NTTU is drywers se vakbond en Nabta en NPPTA, wat onderskeidelik verhogings van 20% en 10% gevra het, is liggame wat voertuigeienaars verteenwoordig. Dikwels in ‘n betaalgeskil begin werkers mos met baie hoë eise.
Die vriendelike man agter die oeber se stuur sê hy het aan die einde van ‘n redelike dag dalk so N$700 se kontant. Hy moes dalk deur die dag petrol tap en “top” tjaila-tyd die tenk met N$150 op. As hy N$550 oor het, moet die oeber se baas N$385 daarvan kry. Die drywer hou N$165 oor.
Bestuurders ontvang glo gewoonlik ‘n kommissie van 30%. Die eienaar kry 70%.
Dapper se sompompie spoeg ná ‘n paar veralgemenings uit dat ‘n oeberdrywer meer as N$4 000 per maand kan huis toe neem – maar dan moet hy hom 24/7 van vroegoggend tot laataand afsloof. Die eienaar van ‘n taxi kan meer as N$10 000 verdien, so dink net wat die inkomste is van ‘n baron met ‘n hele spul oebers. . .
Belangrik: Inkomste kan minder en wisselvallig wees.
‘n Verhoging van 50% sal beslis alle taxibestuurders belastingpligtig maak teen ‘n moontlike maandloon van meer as N$6 000. Rofweg kan ‘n eienaar meer as N$15 000 per maand verdien.
Oom Calle en Jan Taks glimlag dalk as hulle sulke syfers hoor, maar toepassing is ‘n ander kwessie. . .
Dit sal baie interessant wees om te sien of drywers en eienaars oor nuwe kommissiestrukture gaan gesels.
Soms trap Dapper as hy voor in die oeber beland ook maar krampagtig met die voete briek. En wonder hoe ‘n ou wat so hard op die draadloos kerk luister foon-teen-die-oor nie veel vir verkeersreëls voel nie.
Maar hy reis soms saam met baie wetsgehoorsame en hartlike drywers. Een man het selfs sy musiek aangepas afhangende van wie saam met hom op pad waarheen is.
Ná vier jaar is ‘n verhoging waarskynlik ‘n feit soos ‘n koei.
Hoop vir almal se onthalwe die padvervoerraad gee gou uitsluitsel en kry dit reg om almal se belange te balanseer.
Dapper is verlig hy sit nie op daardie raad nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie