Indiu00eb se president besoek Namibiu00eb
Indiu00eb se president besoek Namibiu00eb

Indië se president besoek Namibië

Estelle de Bruyn
Indië se pres. Shri Pranab Mukher­jee besoek Namibië vandeesweek op uitnodiging van pres. Hage Geingob.
Die besoek is die eerste van so ’n hoë vlak in meer as twee dekades.
Die besoek sal benewens die konsolidering van bilaterale interaksie tussen die twee lande, ook tot die momentum van betrekkinge tussen Indië en Afrika bydra.
Mukherjee sal deur sy minister van buitelandse sake in die kantoor van die eerste minister, mnr. Jitendra Singh, twee parlementslede, senior amptenare en ’n Indiese media-afvaardiging­ vergesel word. Volgens ’n verklaring deur die Indiese hoëkommissariaat in Windhoek, sal besprekings oor bilaterale, streek- en multilaterale kwessies van gemeenskaplike belang ook tydens die besoek plaasvind. Mukher­jee sal ’n gesamentlik sitting van die Namibiese parlement toespreek en ook ’n toespraak by die Namibiese Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie lewer.
Indië en Namibië geniet vir ’n geruime tyd uitstekende betrekkinge,­ ­wat dateer tot vóór Namibië se ­onafhanklikwording. Meer as 1 000 Namibiërs is reeds in Indië opgelei en verskeie Indiese deskundiges uit regeringsgeledere en die private sektor was sedert onafhanklik­wording in Namibië met beleidformulering gemoeid.
Tans is die handelsvolume tussen die twee lande klein, maar volgens die hoë­kommissariaat bestaan groot potensiaal vir die versterking van handels- en ekonomiese bande.
Mukherjee vertrek op 17 Junie. Die besoek aan Namibië sluit sy besoek aan drie Afrikalande af.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!