'Indien dit su00f3 aangaan, wen Trump weer'
'Indien dit su00f3 aangaan, wen Trump weer'

'Indien dit só aangaan, wen Trump weer'

Daar is volgens 'n professor aan die Universiteit van Georgia vier redes waarom Trump weer gaan seëvier.
Die deur van die Oval Office in die Withuis staan volgens minstens een kenner reeds wawyd oop vir pres. Donald Trump om Amerika vir 'n tweede termyn te lei.

Trump het sy veldtog om herkies te word verlede week in Orlando, Florida, begin.

Die Demokrate sal 'n groot fout maak as hulle dink al die omstredenheid wat om sy kop woed, onder meer weens die Mueller-verslag oor Rusland se moontlike betrokkenheid by sy verkiesing in 2016, gaan sy kanse verdoem.

Dit is die mening van prof. Cas Mudde van die skool vir openbare en internasionale aangeleenthede aan die Universiteit van Georgia.

Hy het in 'n rubriek in The ­Guardian geskryf al is Trump se gewildheid volgens die jongste peilings op 'n laagtepunt, gaan dit waarskynlik glad nie oor 500 dae, wanneer die verkiesing gehou word, saakmaak nie.

“Verrassend genoeg, gegewe die traumatiese gebeure van 2016, verstaan baie Demokrate steeds nie die belangrikste kenmerk van die ­demokrasie in Amerika nie: Verkiesings word nie gewen deur passiewe meerderhede nie, maar deur gemobiliseerde minderhede,” skryf hy.

VIER REDES

Daar is volgens Mudde vier redes waarom Trump weer gaan seëvier:

1. Die ekonomie: Amerika se ekonomie is tans gesond en, soos in 2016, wys alle skattingsmodelle wat bloot op sakesyfers gegrond is dat Trump die meeste steun gaan kry.

2. Trump het sy beloftes aan gematigde Republikeine, wat die grootste deel van dié party se lede uitmaak, nagekom. Hulle hou nie werklik van hom nie, maar hou beslis van die belastingtoegewings wat hy ingestel het. Hulle sal volgens Mudde bang wees 'n liberale Demokratiese ­president neem dit weg en sal daarom vir Trump stem.

3. Konserwatiewe Christene sal ook weer in groot getalle hul kruisies agter sy naam trek – omdat hy sy belofte gestand gedoen het deur twee behoudende regters in die hooggeregshof aan te stel wat teen aborsies gekant is. Hulle wil nog sulke aanstellings sien.

4. Laastens, skryf Mudde in sy Guardian-rubriek, is daar die tradisionele Trump-ondersteuner: Die blouboordjiekieser uit die laer middelklas.

Hulle wil Trump se beloofde muur wat immigrante uit hul land moet hou, gebou sien. Want dit is hulle wat deur die Mexikane bedreig voel.


DEMOKRATE IS VERDEELD

Al het daar nog nie veel van die muur gekom of het hulle werklik baat gevind by Trump se eerste termyn nie, is dit maklik om hulle te mobiliseer. En dis buite die kwessie dat hulle sal stem vir 'n party met liberale soos Elizabeth Warren en Alexandria ­Ocasio-Cortez in sy geledere.

Die Demokrate is boonop verdeeld: Meer as 20 lede het hulle as presidentskandidaat beskikbaar gestel.

En Trump bedryf eintlik sedert sy inhuldiging reeds 'n “permanente verkiesingsveldtog”. Die borge wat by sy beleid baat kan vind, staan reeds tou om sy veldtog te finansier.

Daar is “net 500 dae” oor vir die ­Demokrate om op te tree. Anders is dit “Trump, Hoofstuk 2”, meen Mudde. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!