Indiese gemeenskap skenk kospakkies
Indiese gemeenskap skenk kospakkies

Indiese gemeenskap skenk kospakkies

Die Indiese gemeenskap in Namibië met die ondersteuning van die Indiese hoëkommissariaat in Windhoek het 650 kospakkies vir Namibiërs wat deur die Covid-19-hoktyd geraak is aan die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Ester Muinjangue, en me. Jennelly Matundu, die adjunkminister van internasionale betrekkinge en samewerking, oorhandig.

Elke pakkie bestaan uit mieliemeel, rys, suiker, olie, pasta en aanmaakkoeldrank. Afgesien van die kospakkies is 500 herbruikbare gesigmaskers, 650 sepe en 200 bottels handreinigers geskenk. Die waarde van die skenking is N$150 000.

Dit is ’n vrywillige skenking van lede van die Indiese gemeenskap en 'n uiting van hul solidariteit met Namibiërs in hierdie ongekende tye, en ’n teken van die vriendelike band wat tussen Namibië en Indië bestaan, lui ’n verklaring wat deur die Indiese hoëkommissariaat uitgereik is.

Die Indiese gemeenskap in Namibië is redelik klein, maar is goed geïntegreer en dra betekenisvol tot die Namibiese samelewing by.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!