Informele markte word opgeknap, ontsmet
Michelline Nawatises - Informele markte kan binnekort weer in die hoofstad open mits alle gesondheids- en veiligheidsmaatreëls nagekom word.
Windhoek se Oshetu-, Okahandja Park- en Soweto-mark het reeds toestemming verkry om gister weer hul bedrywighede voort te sit, met nog agt wat binnekort sal volg.
Net 11 van die 18 informele markte wat tans in die hoofstad bedryf word, mag tydens die inperking oopmaak, mits aan alle voorgestelde standaarde voldoen word.
Die Windhoekse munisipaliteit (CoW) het in 'n kennisgewing gesê tydens die inperkingstyd mag slegs kosprodukte hier verkoop word, wat vars groente en vrugte, rou vleis en vis, gedroogte voedsel en suiwelprodukte, grane en mele, asook gekookte kos insluit.
Terselfdertyd moet daar aan sekere gesondheidsmaatreëls voldoen word, wat insluit dat water, asook geriewe vir higiëne en sanitasie beskikbaar moet wees terwyl handelaars en kliënte te alle tye streng sosiale afstand moet handhaaf.
Mnr. Lion Kahimise, 'n gemeenskapsbeampte van Windhoek, noem verder geen kapana sal verkoop mag word nie.
“Die rede hiervoor is om te verhoed dat te veel mense rondstaan en die Covid-19-regulasies verontagsaam,” sê Kahimise.
Stadspolisiehoof Abraham Kanime het die Nangeda Kaduuluma-mark in Wanaheda gister besoek, om verkopers wat nie aan die voorgeskrewe vereistes voldoen nie, te verhoed om handel te dryf. Hulle moet eers hul werkplek skoonmaak, ontsmet en behoorlik toerus.
“Ons kan nie markte toelaat om in hierdie toestand oop te maak nie, veral nie met 'n virus wat hoogs aansteeklik en gevaarlik is nie,” sê Kanime. Hy moedig handelaars aan om markte te onderhou ná die opknappingswerk voltooi is en die veldtog om higiëne te bevorder, voort te sit.
Opknappingswerk het reeds by al die informele markte begin, met spesiale afbakenings wat in plek geplaas sal word om areas aan te dui waar handelaars mag werk en lyne waar kopers mag staan.
KRITERIA VIR DIE MARKTE
Verkopers moet te alle tye maskers dra, permitte om handel te dryf moet byderhand wees en water moet beskikbaar wees vir kopers om hul hande te kan was.
'n Verdere vereiste is vir alle handelaars om skofte uit te werk sodat dieselfde handelaar nie elke dag werk nie, om hul blootstelling ook te verminder. Sosiale distansiëring gaan streng toegepas moet word en geen handelaars mag sonder toestemming handel dryf nie.
Markte sal daagliks van 08:00 tot 17:00 oop wees. Die informele markte in die Erongostreek en die res van die land sal binnekort ook oopgemaak word.
Markte wat sal oopmaak:
• Oshetu-mark
• Okahandja Park-mark
• Soweto-mark
• Lytta- en Twahangana-mark in Okuryangava
• Ongehandambala-mark in Evelinestraat
• Tuhandeleni-mark in Shangaistraat
• Nangeda Kaduuluma in Caesarstraat in Wanaheda
• Tukondjeni-mark in Ondotostraat
• Die mark by Wernhill-inkopiesentrum
• Bokamoso-sentrum in Hans-Dietrich Genscherstraat
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie