Inperking verlig, maar Walvisbaai u2018gesluitu2019
Inperking verlig, maar Walvisbaai u2018gesluitu2019

Inperking verlig, maar Walvisbaai ‘gesluit’

Dani Booysen
Namibiërs oral in die land sal vanaf Dinsdag 2 Junie 2020 in groter groepe kan byeenkom en aan talle aktiwiteite kan deelneem wat tydens fase 2 van inperkings verbied was.
Walvisbaai se munisipale gebied is egter reeds vir nie-noodsaaklike verkeer gesluit en fase 1 is opnuut hier van krag. Die situasie op die hawedorp sal deurlopend geherevalueer word, met ‘n vroegste moontlike verligting van inhokking wat op 9 Junie in werking kan tree. Nie-noodsaaklike besigheid is opnuut verbode.
Die besluit volg nadat twee nuwe gevalle van Covid-19 die afgelope Saterdag en Dinsdag in Walvisbaai bevestig is. Die twee persone het direk kontak met meer as 100 persone gehad en dit is onduidelik hoeveel kontak daardie individue weer met ander gehad het.
Pres. Hage Geingob het nuwe gevalle in Namibië vanmiddag by Staatshuis as sporadies en beperk tot reise van buite die land beskryf. Hy en die kabinet het daarom ná uitvoerige gesprekke die afgelope Dinsdag besluit fase 3 kan in werking tree.
Byeenkomste van tot 50 mense sal toegelaat word, maar met die dra van maskers en handhawing van 1,5 meter se afstand tussen individue. Kerke sal dus weer hul deure kan open.
Getalleperke sal geld vir die grootte van alle instellings, per vierkante meter. Nuwe regulasies word voor middernag om Maandag verwag.
Drie bedrywe wat op die oopmaaklys was, maar die rooi lig gekry het, is nagklubs, dobbellary en casino’s. Hoewel die hervatting van alle sportsoorte in die vooruitsig gestel was, sal kontaksport verbode bly. Dit is onduidelik of oefening in sulke kodes toegelaat sal word.
Drank sal te koop wees, maar soos etes net op ‘n wegneemgrondslag. Verbruik mag net tuis geskied en nie in die openbaar nie. Drankwinkels en ander instansies met geldige lisensies sal net tussen 12:00 en 18:00 mag handel dryf.
Restaurante kan gaste ontvang, maar net mense wat vooraf bespreek. Die beperking geld nie vir kafees en informele eetplekke nie, waar instapbesoeke wel toegelaat sal word.
Biblioteke, teaters, flieks, galerye en museums mag ook weer oopmaak. Dieselfde geld vir gimnasiums en oefensentrums.
Die publiek is opnuut versoek om alle reëls streng na te kom om die Covid-19-virus nie vatplek in die land te gee nie.
Grense bly gesluit, buiten vir noodsaaklike en belangrike dienste en goedere, asook terugkerende inwoners.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!