Internasionale Ruimtestasie seil oor Namibië
Weer
Die Internasionale Ruimtestasie sal vanaand, indien die wolke dit toelaat, om 20:11 vanuit Windhoek en Walvisbaai met die blote oog sigbaar wees.
Volgens NASA se webwerf spotthestation.nasa.gov is dit maklik om die ruimtestasie raak te sien as jy weet wanneer om te kyk.
“Dit lyk soos ’n vinnig bewegende vliegtuig, net veel hoër en dit vlieg duisende kilometer per uur vinniger,” word berig.
Volgens die webwerf is die ruimtestasie die enigste mikrogravitasie laboratorium. Dit is verantwoordelik vir ’n oorvloed wetenskaplike en tegnologiese eksperimente wat deurlopend deur bemanningslede uitgevoer of outomaties gedoen word.
“Navorsing aan boord van die wentellaboratorium hou voordele in vir lewe op aarde, sowel as vir toekomstige ruimtelike verkenning.
“Die ruimtestasie dien as ’n toetsgebied vir tegnologieë en stel ons in staat om die gevolge van langtermyn-ruimtevaart op mense te bestudeer.”
Die NASA-webblad verskaf die meegaande skedule vir belangstellende kykers in Windhoek en Walvisbaai oor die komende drie dae.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie