Internet dryf 'n land
Estelle de Bruyn - Ons regering wil met al sy nasionale ontwikkelingsplanne of NDP's (een, twee, drie, vier en nou vyf), die Harambee-voorspoedplan asook Visie 2030 'n tegnologies gedrewe nywerheidsland van Namibië maak.
Dis 'n wonderlike ideaal. As ons dit regkry, is Namibië regtig op koers.
Vordering wat die afgelope 27 jaar gemaak is, boesem ongelukkig nie baie vertroue in nie.
As die staatsverskaffer se konneksie byvoorbeeld so swak is dat Namibiërs gereeld sonder internet moet klaarkom omdat die poortwagter van internasionale konnektiwiteit nie kan verseker dat ons met die wêreldwye web verbind is nie, lyk die toekoms nie so blink nie.
Die private sektor speel 'n noodsaaklike rol as ontwikkelingsvennoot, maar nasionale diensverskaffers, hetsy vir tegnologie, energie of infrastruktuur, behoort nie naby die afgrond van fatale mislukking te huiwer nie.
Namibië se telekommunikasiedienste is van die duurste in die wêreld. Vir die prys wat Namibiërs betaal, verwag burgers beter diens.
Indien 'n nasionale diensverskaffer nie beloftes kan nakom nie, moet hy dit toegee. Die superkonnektiwiteit waarvan so 'n groot gewag gemaak is, is steeds geen werklikheid nie.
Sukkelende verskaffers moet eerder ruimte skep sodat die private sektor, met sy geleenthede vir bemagtiging en entrepreneurskap, dienste kan bied wat ons nader aan doelwitte in die regering se legio planne sal bring.
Mededinging was nog altyd die grondslag vir innovering, groei en ontwikkeling. Ook vir die skepping van volhoubare werkgeleenthede.
So sê ander
4 Julie 2017
Hofuitspraak verg sensitiwiteit oor geloof by skole
Die hooggeregshof in Johannesburg se uitspraak dat een geloof by skole nie bo 'n ander geloof bevorder mag word nie en dat skoolbeheerliggame dit moet reguleer, verg van skole om toenemend sensitief te wees oor hul benadering tot die beoefening van godsdiens.
Dit is insiggewend dat partye weerskante van die “waterskeidingsaak vir die behoud van godsdiens in openbare skole” die uitspraak vanuit hul perspektief as 'n sege beskou.
In die praktyk kan skole hulself nie meer in die openbaar as Christen-skole weergee nie. Tog berus die wysheid steeds by die beheerliggaam om die Christelike inhoud van godsdiensbeoefening by die skool te bepaal, mits niemand tot deelname gedwing, uitgesluit of geviktimiseer word nie.
Die liefdevolle en verdraagsame uitlewing van eie geloof beteken juis tog dat dit sonder hatigheid jeens navolgers van 'n ander geloof geskied.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie