Interpack voeg sap en waarde by skoleprojek
Interpack Namibië is die afgelope twee jaar al vennote van die Bybelgenootskap van Namibië se skolebewusmakingsprojek.
Vanjaar ondersteun dié maatskappy die Bybelgenootskap se inisiatief met Vita Juice.
Die hoofdoel van die projek is om die jeug meer oor die Bybel te leer.
Die verspreiding van die Woord van God lê beide Interpack Namibië en die Bybelgenootskap van Namibië na aan die hart.
Die projek word gekombineer met 'n muntlegging en 'n Bybelverhaal vir die jonger kinders.
Elke kind ontvang 'n gratis sappie om hulle vir hul deelname aan die aktiwiteite te bedank.
Die Bybelgenootskap het sy dank teenoor Interpack Namibië uitgespreek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie