Invalshoek – Borrels kan al te maklik bars
Rudi Koekemoer - Ek het myself Donderdag verwonder aan ‘n groepie kinders wat borreltjies in die lug geplaas het.
Ons het self as kinders seepwater gebruik om met ‘n draadjie wat in ‘n ringetjie gedraai was, hierdie pret te geniet. Ons het gekyk wie kan die grootste borrel blaas, maar ongeag van die vorm, het dit so ‘n paar meter die lug in gebars.
Ek moes versigtig blaas sodat die borreltjie nie al breek nie hier in die oog waar hy vorm moet kry.
Daarna kon ons plesierig kyk hoe die seepbelle na die hemelruim styg tot dit uiteindelik bars.
Verlede week het ‘n onderneming vir raad gevra omdat ‘n groepie werknemers ‘n versoek ingedien het dat hulle salarisse hersien moes word. Volgens hulle is hul besoldiging nie markverwant nie.
Eksterne hulp is ingeroep omdat interne onderhandelinge ‘n dooiepunt bereik het. Bemiddeling was nou die enigste uitweg.
Die groepie werknemers het reeds alle moontlike interne prosesse aangewend om groter salarisse te motiveer, wat die hersiening van posbeskrywings en hergradering insluit.
Volgens my is die besigheid se betaalskale van die mees mededingende in die land. Nie net wat die basiese salaris betref nie, maar ook die byvoordele.
Die versoek het my onkant gevang, veral gegewe die huidige kopklem waarin werkgewers hulself bevind. Duisende mense is reeds hul werk kwyt of werk vir minder geld – tot die helfte minder.
Ek weet van werknemers wat saans vir hul werkgewers bid om te kan oorleef, juis omdat soveel mense, hul gesinne en families van salarisse en lone afhanklik is om staande te bly.
Die trauma om jou werk te verloor en nie te weet hoe om na jou gesin om te sien nie, kan nie in woorde beskryf word nie. Net mense wat self daardeur gegaan het, kan dit verstaan.
Hoe kan mense in huidige omstandighede om verhogings aandring en selfs dreig om te staak?
Sulke houdings getuig myns insiens van naïwiteit en gebrekkige, of geen insig oor die werklike ekonomiese uitdagings wat ondernemings tans in die gesig staar. Anders is dit pure gierigheid?
Dit is ‘n voorreg om werk te kan hê en ‘n inkomste te verdien onder die huidige omstandighede.
Selfs al stroop ek hierdie betoog van alle emosie – en laat die pandemie buite rekening – is aansienlike, jaarlikse toenames in vergoeding vanuit ‘n suiwer finansiële perspektief nie volhoubaar nie. Behalwe as die inkomste van die besigheid teen dieselfde tempo toeneem.
Wanneer bedryfskostes toeneem en inkomste afneem, is dit ‘n resep vir bankrotskap.
Onvolhoubare salarisrekeninge lei eventueel tot herstrukturering, moontlik afleggings en werknemers wat vir hul poste moet heraansoek doen. Sommige mense verloor hul werk terwyl werknemers wat behou word minder geld en byvoordele aangebied word.
Belangrik: Werkgewers sonder integriteit wat bloot na redes soek om mense af te dank, kan op geen manier verdedig word nie. Glo dit of nie; daar is inderdaad sulke werkgewers.
Gesonde finansiële en sakebeginsels vereis egter dat jou salarisrekening nie ‘n seker drumpel kan verbysteek nie, want dan plaas dit die onderneming se voortbestaan – en almal se werk – in die weegskaal.
Nie lank terug nie was huispryse onvolhoubaar hoog. Baie mense het gesê die borrel sal een of die ander tyd bars.
En dit het!
Indien werknemers nie sake-insig het nie, dankbaar is vir hul werk en inkomste, en ons nie mekaar in hierdie gesprekke kan vind nie, sal die salarisborrel ook bars.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie