Invalshoek - Water vir Afrika, maar mense ly honger
Rudi Koekemoer - 'n Paar jaar gelede het ek die voorreg gehad om konsultasiedienste vir ‘n internasionale mynmaatskappy in Malawi te verskaf. Dit was omtrent ‘n ervaring!
Ons het vanaf die Lanseria Internasionale Lughawe in Johannesburg met ‘n private straler via die hoofstad, Lilongwe, na die Karonga-lughawe gereis. Ek sal nooit vergeet nie hoe verbaas ek was toe dit ons byna 40 minute se vlugtyd geneem het om van die suidpunt van die Malawi-meer te vlieg tot die noordpunt by Karonga. My verbasing was omdat ons vir 40 minute oor ‘n varswatermeer gevlieg het en tog is Malawi een van die armste lande in die wêreld, met meer as die helfte van 'n bevolking van 15 miljoen mense wat in armoede leef.
Hoe is dit moontlik, gegewe dat die land sedert dit in 1966 ‘n republiek geword het nog nooit oorlog of burgerlike onrus beleef het nie? Oor die algemeen heers vryheid en stabiliteit en tog leef mense in hongersnood te midde van al die natuurlike hulpbronne.
Die Malawi-meer is een van die wêreld se grootste en diepste mere en beskik oor meer as 700 visspesies. Dit is 560 km lank, 75 km breed en beslaan ‘n oppervlak van 29 600 km2 met ‘n diepte van 706 meter. Stel jou voor jy reis per boot vanaf Windhoek tot 60 km anderkant Keetmanshoop. . . Dit is die magdom vars water in die Malawi-meer.
Dit is egter nie uniek nie. Die Victoria-meer (68 800 m2) is die wêreld se grootste tropiese meer terwyl die Tanganyika-meer (32 000 m2) die wêreld se tweede oudste meer is. Gesamentlik bevat die drie mere 60 000 km2 se varswater - meer as die Groot Mere van Noord-Amerika.
Daar is nog kleiner mere soos Turkana, Abert, Edward en Kivu, om maar net ‘n paar te noem. Die mere in Afrika beskik oor bykans 30% van die wêreld se beskikbare varswater (wat nie in ys- of ysberge vasgevang is nie).
Volgens die Global Finance Magazine se lys van die 25 armste lande in die wêreld is net vier van die lande nie in Afrika nie. Ironies is van die armste lande in hierdie verslag geleë by die grootste varswaterbronne in die wêreld. Dit sluit in Tanzanië, Uganda, Rwanda, Ethiopië, Mosambiek, Burundi, Malawi en die Demokratiese Republiek van die Kongo. Hierdie lande beskik ook oor vrugbare grond, maar bevolkings ly. Wat is die rede hiervoor?
Die Malawi Nyasa Times het in Julie 2017 die artikel “Malawians need to change mindset or continue languishing in poverty” gepubliseer. Oorsake van armoede behels volgens die artikel konflik, politieke voetslepery om beleid te implementeer, ondergekwalifiseerde leiers in politieke posisies, tekorte aan kennis en vaardighede en ‘n tekort aan finansiering. Die hoofrede wat aangevoer word, is dat Afrika ‘n afhanklikheidsindroom ontwikkel het en vir ander mense en/of lande wag om die inisiatief te neem. Vaardighede en 'n denkraamwerk om jouself te help, kon dus nie ontwikkel nie.
Jaarliks word op politieke vlak beplan waar hande uitgehou moet word vir internasionale hulp, maar daar word weinig aandag geskenk aan beplanning om heeltemal selfonderhoudend te word en sonder internasionale hulp klaar te kom. Verskeie artikels noem voorbeelde soos Singapoer en Duitsland, wat na die Tweede Wêreldoorlog ook ontwikkelingshulp ontvang het, maar binne 20 jaar het die lande verander van begunstigdes van ontwikkelingshulp tot lande wat ontwikkelingshulp aan ander verleen.
Daar is geen rede hoekom lande in Afrika nie ook hulself kan ophef uit armoede nie, veral gegewe die feit dat ons oor natuurlike hulpbronne beskik waaroor die res van die wêreld net kan droom. Die grootste uitdaging is dat Afrika-lande moet begin besef dat ons nie meer op ander lande kan staatmaak vir geld en kos nie. Beide is skaars deesdae.
Dit is tyd dat ons moet leer om self vis te vang en om ‘n werksetiek en kultuur vestig waarvolgens ons op onsself staatmaak. Daar is geen rede hoekom Afrika nie die broodmandjie van die wêreld kan word nie.
Maar dan gaan elke individu moet eienaarskap neem van sy/haar eie lewe, niemand die skuld gee vir die huidige situasie nie en self hand aan die ploeg moet slaan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie