IS-2 maak video van moord in kerk
Die twee aanvallers van die Islamitiese Staat-groep (IS), wat ’n kerk in Normandië aangeval het, het ’n video gemaak van hoe hulle ’n bejaarde priester dwing om te kniel en hom keelaf sny terwyl hulle ’n “Arabiese preek” by die preekstoel lewer. So vertel suster Danielle, ’n non.
Sy was een van die vyf mense wat Dinsdagoggend deur die twee aanvallers in die Gambetta-kerk as gyselaars aangehou is.
Adel Kermiche (19), een van die twee aanvallers, is vroeër tot tronkstraf gevonnis weens terreur, maar kon ingevolge sy parool-ooreenkoms sekere tye van die dag vrylik rondbeweeg. Hy het ’n monitortoestel aan sy een been gedra.
Die Gambetta-kerk verskyn op ’n lys van moontlike teikens wat verlede jaar by ’n IS-lid gevind is. Die twee IS-lede is doodgeskiet nadat hulle vader Jacques Hamel (84), suster Danielle, nog ’n non en twee kerkgangers langer as ’n uur as gyselaars aangehou het. Die ander non veg in ’n hospitaal om haar lewe.
Die aanvallers is deur skerpskutters doodgeskiet toe hulle uit die gebou gestap het en “Allah Akbar” (God is groot) geskreeu het.
’n 17-jarige seun, bekend as HB, ’n familielid van Kermiche, is Dinsdag by sy huis in Saint-Étienne-du-Rouvray in hegtenis geneem.
Die aanval het omstreeks 09:00 begin toe Kermiche en sy medepligtige ten tyde van ’n oggenddiens deur ’n agterdeur by die kerk ingekom het.
“’n Derde non het ontsnap en alarm gemaak. Lede van die polisie se teenterreur-afdeling was binne minute op die toneel,” sê ’n ooggetuie.
Kermiche is verlede jaar in Turkye in hegtenis geneem toe hy op pad Sirië toe was.
Hy is in Frankryk tot tronkstraf gevonnis, maar op 2 Maart op parool vrygelaat.
Ingevolge sy parool-ooreenkoms kon hy tussen 08:30 en 12:30 sonder toesig wees.
Pres. François Hollande en Bernard Cazeneuve, minister van binnelandse sake, het hulle na die toneel gehaas waar Hollande later ’n mediakonferensie gehou en bevestig het die aanvallers het aanspraak op bande met IS gemaak.
IS het Dinsdagmiddag verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar.
- Netwerk24/Reuters/CNN/Daily Mail

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie