Is May gereed vir u2019n vierde stemmery?
Is May gereed vir u2019n vierde stemmery?

Is May gereed vir ’n vierde stemmery?

Die Britse parlement gaan vandag voort om na elke moontlike Brexit-opsie te kyk.
Ná ’n derde nederlaag Vrydagaand in die Britse laerhuis, glo bronne in Brittanje die premier, Theresa May, kan dalk ’n vierde keer probeer om haar Brexit-ooreenkoms deur te haak, berig CNN.

Terwyl Downing Street weier om kommentaar te lewer, het Brandon Lewis, voorsitter van die Konserwatiewe Party, in ’n onderhoud met BBC Radio 4 gesê die moontlikheid is nie uitgesluit nie.



Volgens Lewis moet LP’s hul volgende stappe goed deurdink omdat die nuwe spertyd van 12 April vinnig naderkom.

“Die parlement sal Maandag (vandag) voortgaan met prosesse en ons sal na elke moontlike opsie moet kyk,” het hy in die onderhoud gesê.



May se voorstelle is al reeds drie keer deur ’n verdeelde parlement afgekeur, maar dit blyk duidelik te wees dat die stemme teen haar ooreenkomste drasties daal.

Ná haar laaste nederlaag Vrydagaand het May gesê die proses in die parlement stuur duidelik af op ’n doodloopstraat.

“Ek is bevrees ons bereik nou ons limiet met die proses in die laerhuis,” het May ná die uitslag Vrydag aan LP’s gesê.

Die idee van ’n vierde stemmery in die laerhuis het groot opskudding in Brittanje veroorsaak, berig The Guardian in ’n opiniestuk.

Die koerant glo dit sal net “malligheid” wees omdat dit reeds drie keer gefaal het.

“Die werklikheid is dat Brittanje voor die keuse staan van geen ooreenkoms in die twee weke tot die spertyd, of ’n langer uitstel vir Brexit, wat daartoe kan lei dat Brittanje sal moet deelneem aan die EU-verkiesings,” skryf die koerant in die meningstuk.

“Omdat die eerste opsie ondenkbaar en gevaarlik is, is die duidelike keuse dat ’n langer uitstel benodig word.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!