IS-nota op toneel van New York-aanval gekry
Verskeie mense is Dinsdag in 'n terreuraanval in Manhattan, New York dood.
Die 29-jarige verdagte wat Dinsdag na bewering in 'n gehuurde bakkie in voetgangers en fietsryers naby die Hudsonrivier in Manhattan, New York, ingeploeg het, het 'n nota op die toneel agtergelaat dat hy die aanval in die naam van die militante groep Isis uitgevoer het.
Die aanvaller is as Sayfullo Habibullaevic Saipov geïdentifiseer, berig CNN.
Volgens ooggetuies het die aanvaller tydens die aanval “Allahu Akbar!” “God is Great!” geskree.
Saipov is van Oesbekistan en het in 2010 na Amerika verhuis.
Volgens CNN en die New York Times het polisielede bevestig dat ondersoekers op die toneel 'n nota gevind het wat die Islamitiese Staat-groep (IS) se rol in die voorval bevestig.
Minstens agt mense is dood en talle ander is in die aanval beseer, berig Reuters. Die polisie het Saipov in die maag geskiet nadat hy teen 'n skoolbus vasgejaag, uit die bakkie gespring en op die vlug geslaan het.
Vyf van die oorledenes is Argentynse burgers wat New York as deel van hul klasmaats se 30ste hoërskoolreünie besoek het, het die Argentynse departement van buitelandse sake bevestig.
'n Sesde lid van die groep is deel van die mense wat beseer is en in die hospitaal opgeneem is.
Goewerneur Andrew Cuomo het gesê dit blyk asof die verdagte alleen opgetree het.
“Daar is geen bewyse dat dit deel was van 'n groter komplot nie. Hierdie is die optrede van een individu wat pyn, skade en dood wou veroorsaak,” het Cuomo op 'n mediakonferensie gesê.
Op 'n vraag of die verdagte aan owerhede bekend was voor die aanval, het Cuomo gesê: “Dit is te vroeg om 'n definitiewe antwoord te gee.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie