Is woordeboeke nog relevant?
Vandag is Internasionale Woordeboekdag en die noodsaaklikheid van woordeboeke is in die kollig.
Volgens dr. Willem Botha, hoofredakteur en uitvoerende direkteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT), moet op Woordeboekdag gevra word of woordeboeke nog relevant is.
Volgens hom is woordeboeke onontbeerlik en moet dit gereeld opgedateer word.
“Mense raak gefrustreerd omdat hulle verouderde woordeboeke gebruik wat nie rekenskap gee van die duisende nuwe woorde en nuwe betekenisse van ou woorde nie,” sê hy.
Noah Webster is 16 Oktober gebore en Woordeboekdag word internasionaal ter ere van hierdie beroemde Amerikaanse woordeboekmaker gevier. Webster is in 1758 gebore en was 'n briljante student wat op 15-jarige ouderdom aan die Yale-universiteit begin studeer het.
Later was hy die samesteller van die eerste Amerikaanse woordeboek en hy word dus beskou as die vader van Amerikaanse leksikografie, vertel Botha.
Die WAT het ter viering van Woordeboekdag sy nuwe beskermheer van Borg 'n Woord bekend gemaak. Hemelbesem, die Afrikaanse rymkletser, is die nuwe beskermheer vir 2017-'18.
Hemelbesem se oproep tot Afrikaanssprekendes is: “Slegs met woorde maak die lewe sin: Jy kan my woord daarvoor neem. Neem eienaarskap van jou taal en borg 'n woord.”
Een prys van R25 000, geborg deur Sanlam, kan gewen word. Woorde kan teen R100 per woord geborg word en elke deelnemer ontvang 'n sertifikaat met sy naam en die woord of woorde wat hy of sy borg. Jy kan ook 'n woord vir R5 000 koop en niemand anders mag dan daardie woord borg of koop nie.
Gaan na www.wat.co.za en klik op Borg 'n Woord as jy wil deelneem. Almal wat woorde borg of koop, kwalifiseer outomaties vir die prystrekking van R25 000.
Deelnemers wat woorde borg, kry ook ses maande gratis toegang tot die aanlyn WAT en indien jy 'n woord koop, kry jy gratis toegang vir vyf jaar.
Volgens Botha is daar op Hemelbesem as beskermheer besluit omdat die WAT reeds 'n gevestigde verhouding met hom het en omdat hy 'n sterk en vars stem in die Afrikaanse musiekwêreld is.
“Sy lirieke dra 'n sterk boodskap oor en hy is baie betrokke by opheffingswerk onder die jeug.
“Hemelbesem en sy vrou, Yoma, ook 'n rymkletser, het reeds verskeie kere by WAT-funksies opgetree.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie