Italiu00eb en Frankryk weer krisis af oor migrante
Italiu00eb en Frankryk weer krisis af oor migrante

Italië en Frankryk weer krisis af oor migrante

Die leiers van Frankryk en Italië het ’n diplomatieke krisis tussen dié twee Europese lande afgeweer nadat laasgenoemde ge­weier het om ’n skip vol Afrika­vlugtelinge te help.

Die skip die MV Aquarius, met 629 mense aan boord, het vroeër enjinprobleme ontwikkel en hulpeloos langs die kus van Italië gelê.

Italië het Frankryk se ambassadeur verlede week ontbied en Giovanni Tria, minister van finansies, het ’n vergadering met sy ampsgenoot in Parys gekanselleer.

Matteo Salvini, Italiaanse minister van binnelandse sake, sê sy land hoef “niks oor welwillendheid, vrywillige diens, solidariteit of hoe om iemand te verwelkom” by ’n ander land te leer nie.

Intusen het Franse president Emmanuel Macron die Italiaanse premier Giuseppe Conte gebel en hulle het dit uitgepraat.

Luidens ’n Italiaanse verklaring het Macron beklemtoon hy wou nooit Italië “of die Italiaanse volk” in die gesig vat nie.

“ Macron en Conte het saamgestem dat dit noodsaaklik is om voort te gaan met gesprekvoering omdat die Europese Unie se beraad einde vandeesmaand plaasvind.”

Die skip is intussen herstel en het gister in die Spaanse hawe, Valencia, onder be­geleiding van Italiaanse vlootskepe aangekom. - Netwerk24/Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!