Itula: 'Outokratiese' aantygings pla nie
Jemima Beukes – Die leier van die Independent Patriots for Change (IPC), dr. Panduleni Itula, sê kritici en beswaarde lede wat hom as 'n “huigelaar” en 'n “outokraat” bestempel, ontstel hom nie.
“Ek is as 'n huigelaar en outokraat uitgekryt en kritiek is teen ons geuiter, maar ons sal nie reageer op beweringe wat geen grondslag het nie. Soek die lede en vra vir bewyse op paper,” het hy verlede week gesê.
Hy het gesê geen konkrete bewyse bestaan om die beweringe teen hom te bevestig nie en hy sal dus nie daarop reageer nie.
Hy het Namibian Sun, Republikein se susterkoerant, ook na die party se grondwet verwys wat lede met besware toelaat om regstellings van die uitvoerende komitee van die kiesafdeling of die nasionale uitvoerende komitee te versoek.
“Dit sluit in alle aantygings dat die party iemand onregverdig behandel en dit die lid se reg tot waardigheid skend,” het Itula vanuit die grondwet gelees.
Die grondwet stel verder dat die aantygings ondersoek moet word; besprekings moet plaasvind en die beswaarde lede moet binne 21 dae van die uitkoms in kennis gestel word.
'OUTOKRATIESE SWAPO-REëLS'
Itula, 'n voormalige lid van Swapo wat as onafhanklike kandidaat teen pres. Hage Geingob in verlede jaar se verkiesing gestaan het en amper 30% van die stemme op hom verenig het, is deel van die komende plaaslike en streekowerheidsverkiesings on November.
Itula het egter in die spervuur beland aangesien voormalige ondersteuners en partylede hom daarvan beskuldig dat hy dieselfde 'outokratiese Swapo-reëls' toepas, waarteen hy gekant is.
Die IPC se voormalige leier van die Samora Machel-kiesafdeling, mnr. Henry Ngenomesho, is een van die lede wat Itula daarvan beskuldig dat hy lede in senior posisies aanstel en dat hulle nie verkies word nie.
“Dr. Itula het die name van die mense uit sy sak gehaal en die lede net in kennis gestel,” het Ngenomesho gesê.
'SKYNHEILIGHEID'
Bewerings is ook gemaak dat die party se grondwet nie informele besigheidseienaars, wat Itula se grootste ondersteuners is, in ag neem nie.
Mnr. Knowledge Ipinge, raadslid van Walvisbaai se stedelike kiesafdeling, het onlangs vir Itula as skynheilig bestempel.
“Vir my is dit skynheiligheid. Jy kan nie gewildheid as 'n onafhanklike kandidaat werf en wanneer jy jou eie party stig, sê jy die teenoorgestelde nie.
“Hy behoort konsekwent te wees,” het Ipinge gesê aangesien die IPC se grondwet nie onafhanklike kandidate ondersteun nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie