Itula se sak vol beloftes
Namibië se onafhanklike kandidaat het heelwat ondersteuning van die jeug om die land se volgende president te word.
Jemima Beukes - Groot opwinding het by die Havana-sportgronde geheers toe die onafhanklike presidentsiële kandidaat, dr. Panduleni Itula, se ondersteuners Saterdag op sy aankoms gewag het.
Sowat 1 200 mense, meestal jong, professionele lui, insluitend aktiviste van die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR), het die nege uur lange bekendstelling van dié kandidaat bygewoon.
Itula het onderneem om Namibiërs gratis gesondheidsorg te bied as hy tot Namibië se volgende president verkies word.
Hy het ook beloof om in Katutura te bly en sal slegs Staatshuis toe trek ná sy landswye behuisingsprogram afgeskop het.
Itula se manifes is van stapel gestuur ná jongmense van verskeie nedersettings ’n optog gehou het waartydens hulle “ons soek verandering” gedreunsing het.
Itula bly egter ’n lid van die regerende Swapo-party.
Hy het Saterdag ook sy bloudruk vir ontwikkeling bekend gestel, waarin hy beter lewensomstandighede vir jong Namibiërs beloof.
Hy onderneem ook om die kabinet met 40% te verklein en om die jeug meer by besluitneming te betrek.
Itula sê jongmense sal onder sy regering vir ’n toelaag as werksoekers kan kwalifiseer, wat hulle in aanmerking sal bring om geld te ontvang vir die druk van aansoekdokumente, taxifooie en ander verwante uitgawes.
“Ek sal landswyd met die jeug oor die opstel van ’n bloudruk vir jeugbemagtiging beraadslaag. Dit sal hulle toelaat om die lot van die land, waarvan hulle die regmatige erfgename is, te bepaal,” het Itula gesê.
Die eksdosent aan die Swapo-partyskool het sy veldtog onder die vaandel #Namibië is al wat ons het, ons moet dit bewaar van stapel gestuur.
Hy sê sy eerste prioriteit is om Namibië van ’n “administrasie wat met korrupsie deurweek is” en “baantjies vir boeties” te bevry.
Dít deur die hoeveelheid ministeries eerstens na net 12 te verminder.
Itula sê party-lojaliteit moet dringend laat staan word en ’n onafhanklike president wat Namibië van mislukking sal red, moet ondersteun word.
“As lewenslange rewolusionêre aktivis en lid van Swapo is ek trots daarop dat ek aan die bevrydingstryd deelgeneem het. As veteraan het ek baie hoop gehad dat ons demokratiese toekoms onder toesig van die party en sy ideale ons verwagtinge sou bereik en dat almal daarby sou baat. Swapo is egter nie Namibië nie en Namibië is ook nie Swapo nie. Dit kan nie toegelaat word om ’n klub te wees vir die maatskaplike en ekonomiese bevordering van lede van sy administrasie nie,” het hy gesê.
In sy manifes sê hy die land se ekonomie is in ernstige gevaar en sou beter vaar met ’n gemengde ekonomie, wat vernuwing en entrepreneursvaardighede ondersteun.
Hy glo ook meer belegging is nodig om infrastruktuur soos paaie en behuising, sanitasie, krag en drinkwaterinfrastruktuur te bou.
“Ek is van plan om ’n groot huisbouprogram bekend te stel om ons mense se veiligheid te bespoedig. Ons wil grond aan ons mense toeken om elke hawelose burger van ’n huis te verskaf,” het Itula gesê.
Politieke ontleders het die afgelope weke gesê dit is moeilik om die onafhanklike kandidaat se prestasie te voorspel, omdat dit onduidelik is of hy oor die hulpbronne beskik om sy veldtog te ondersteun.
Dié vraag word gedeeltelik beantwoord deur die dosyn Iveco-busse met sy gesig op en die toegewyde jong voetsoldate wat altyd gereed is om Itula-sierade te verkoop of selfs verniet weg te gee.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie