Japan gee voedselhulp van N$4,7 miljoen
Namibië en Japan het op 27 Februarie 'n voedselhulpooreenkoms ter waarde van N$4,7 miljoen (40 miljoen yen) onderteken wat aangewend gaan word in die stryd teen klimaatsverandering en ten bate van droogtegeteisterde gebiede in Namibië.
Japan gaan koring en rys deur die direktoraat van ramp- en risikobestuur versprei.
Die adjunkpremier en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, het gesê dit is nog te vroeg om te bepaal of Namibië se droogte verby is.
“Dit is te vroeg om te sê of ons uit die ergste droogtesituasie is of nie - daarom is ons nog nie seker of ons oeste vanjaar gaan verbeter nie," het Nandi-Ndaitwah gesê.
Sy het gesê die skenking kom op 'n goeie tyd, terwyl Namibië steeds van ’n erge waterskaarste herstel.
Die ambassadeur van Japan in Namibië, mnr. Hideyuki Sakamoto, het gesê veral in die lig van die afgelope drie jaar se droogte en die onlangse wurmplaag in die noorde van Namibië, is hierdie skenking 'n bewys van hul goeie diplomatieke betrekkinge.
“Hierdie voedselhulp is Japan se bykomende ondersteuning aan die Namibiese regering om armoede te beveg."
Sakamato het gesê diplomatieke bande tussen die twee lande het in 1990 begin en sedert 2008 is sewe vrywillige Japannese deskundiges in die landbousektor ontplooi wat saam met Namibiërs werk.
“Ons is tans besig om 'n tegniese samewerkingsprojek in die Noorde te implementeer om die lewensbestaan van kleinskaalse boere te verbeter met 'n verskeidenheid landbouprodukte en die voorsiening van opleiding in vaardighede.” - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie